Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Lieflike kusdorpie. Gaan eet gerus by Soverby tussen Velddrif en Dwarskersbos."
"Dit is beslis die moeite werd om die Harold Porter Botaniesetuin te besoek. Die Leopards Kloof wandelpad word beslis aanbeveel vir energieke stappers."
"Hermanus is en bly my gunsteling bestemming vir wegkom. Die dorp voorsien egter aan 'n mark wat dit net te duur maak vir die "gewone" man. Restaurante is baie mooi, maar die kos en drank te duur vir kwaliteit wat uitgestuur word. Ons was teleurgestel in 2 bekende restaurante."
"Pragtige, rustige plek met baie vriendelike mense en pragtige strande."
"Baie min om te doen na 14:00. Op 'n Saterdag en Sondag is alles, insluitende wynplase, toe. "
"Hemmingways book store is a real gem! And Fisherman's Cottage a great place to have Sunday lunch! "
"Vredendal het ons aangenaam verras! Baie mooi skoon dorpie. Besoek ook gerus 'The Grape Vine' restaurant (vir die beste kos met styl, die beste steaks wat ons in jare geëet het en puik diens), 'Maskam Brewery Co.', en die kwekery, dié plekke kan ons beslis aanbeveel. "
"Ons was buite seisoen daar, dit was rustig met lekker weer. Ek weet nie hoe besig dit in die spitsseisoen gaan wees nie."
"Moet nie die laaste naweek van die maand jou besoek daar beplan nie. Dorp is dan oorlopens vol en vuil. Mense vertrap jou en maak die kuiertjie nie so lekker nie. "
"Gewone plattelandse dorpie. Dit is egter goed geleë om die berge en valleie in die omgewing te besoek. "
"Ek het by die Rendezvoux ontbyt geëet en dit lyk na 'n baie beter akkomodasieplek."
"'n Juweel van die Overberg. Trotse bestemming om mee te spog by enige buitelandse gas."
"Baie oulik. Het meer tyd nodig om te kyk wat alles daar aangaan. Begin by die tronk en kwekery. Kan 'n dag daar spandeer."
"Stil en rustig met net die natuur. 'n Ware juweel. Het selfs 'n bokkie met haar kleintjie in die veld gesien. Vriendelike mense. Beslis 'n stop werd."
"Die naam Vredehoek sê alreeds dat dit 'n rustige, vreedsame hoekie teen die hange van Tafelberg is. Jy kan in vrede oor die opwindende, besige stad en baai uitkyk, sonder om bewus te wees van die geluide van die stad. Vredehoek is ideaal geleë t.o.v. belangrikste toegangsroetes na besienswaardighede en die lughawe en om die draai vanaf Gardens Winkelsentrum en restaurante."
"A pity about the lack of flowers but the drive over Giffberg Pass made up for the shortage of flowers."