Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35325 reviews.
"Het dit baie geniet om daar oor te bly. Lieflike plek met pragtige meubels en fasiliteite."
"Pragtige skoon dorpie en laat 'n mens dink aan Walvisbaai. Vriendelike mense met die lekkerste en varste seekos. "
"Sal 'n oulike winkelsentrum opsit met nog 'n winkel soos Woolworths vir hulle lekker eetgoed. 'n Speelpark vir kinders om in te speel. Daar is baie grond. L'Agulhas het meer eetplekke as Struisbaai. Hulle kan doen met nog 'n eetplek met heerlike vis, ens. Die naaste dorp is te ver. "
"Dit is 'n pragtige plek, baie lekker stil. Ek het baie gehou van die donkerte (geen straatligte), want ek is oorspronklik van Algeria in die Cederberge en daar is ook geen straatligte nie."
"Dit is ideaal vir vakansiegangers wat net will "lock up and go!" Die winkelsentrum is net om die draai, die reis strand toe is kort en die area is veiling en rustig. Ek sou se dis lekker sentraal."
"Pearly Beach se strand is verskriklik mooi, die water is warm genoeg vir die kinders om te swem, die mense is verskriklik vriendelik en knoop graag 'n geselsie aan. Ons sal baie beslis weer daarheen wil gaan vir 'n wegbreek."
"Steek maar bietjie kers op by Gauteng se voorstede en sit spoedhobbels in Pastorielaan en die Hoofstraat op. Die 'locals' jaag soos besetenes in die strate."
"We went for a wedding so didn't see much of Caledon to be honest. However, "Die Woud" wedding venue just outside Caledon is the best wedding venue I have ever been to. "
"Die Barnard museum, pastorie en kerk is 'n moet besoek vir enigeen wat daar deur reis en of oorbly. Die ou geboue in die dorp is 'n ervaring om te aanskou en verskaf 'n terugblik in die vergane ou jare van ons geskiedenis. Ek hoop regtig dat hierdie geskiedkundige nalatenskap sal in stand gehou en behoue sal bly vir ons nageslagte."
"Beaufort-Wes bied meer aan as wat 'n mens besef. Daar is die Karoo Nasionale Park, die mooi natuurskoon en die Chris Barnard-museum wat meer as die moeite werd is om te besoek."
"Goeie bestemming met strande by Franskraal en die Plaatsje. Ons het ook die vallei Bodhi Kaya en Farm 215 besoek. Ook Stanford en Napier en Eliminate is naby. Cape Agulas is baie spesiaal vir Hollanders."
"Die kreefsmouse was baie erg. Ons het net gestop by ons verblyf toe staan daar al een agter die kar. Orals waar jy stop by 'n winkel of naby die strand klim hul amper binne in jou kar. Paternoster is ongelooflik mooi met sy pragtige strand en al die mooi wit huisies, maar sal nie op hierdie stadium ooit weer daar slaap nie. Die kreefsmouse maak dit net baie ongemaklik al kom ons van Gauteng af en is gewoond aan bedelaars en smouse. "