Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Rawsonville is goed geleë om omliggende wynplase te besoek. Die dorp self het nie regtig veel om te sien nie."
Stellenbosch Central, Western Cape
Eendracht Hotel"Ek sal weer en weer terugkom, ons beplan alweer ons volgende wegbreek."
"Pragtig. Omdat Lutzville op ons reisplan was vir 'n spesifieke rede, het ons die pragtige dele wat ons wou besoek het, gaan opsoek en die eindresultaat was fantasties."
"Bitter klein, stil dorpie met 'n rykdom van fantastiese wyn. Hier kry jy rus vir jou siel en kan jy lekker kuier. Ons vooraf beplande wynproe by Boplaas was fantasties en professioneel. Ons etes by Boplaas se bistro en later die aand by Zamani was heerlik. Calitzdorp het 'n unieke karakter en sal ons beslis weer sien!"
"Brackenfell is awesome. Meeste van ons besigheid is in Brackenfell. Nie 'n toeristebestemming nie, maar vir ons baie goed vir besigheid. "
"Kreef verkopers is baie opdringerig, en laat jou soms ongemaklik voel. Maar as dit jou nie pla nie, is dit heel lekker."
"Ons hou regtig baie van Jocobsbaai en spandeer ten minste 1 naweek elke jaar daar. Sien uit na volgende jaar!"
"'n Pragtige asemrowende plek. Die winkeltjies het sulke pragtige goedjies. Wat my opgeval het, is hoe mooi skoon die hele dorp is. "
"Bettiessbaai is asemrowend mooi. Ons het die uitstappie na die pikkewyne baie geniet. Sal verseker weer 'n draai in Bettiessbaai gaan maak."
"Dis 'n mooi klein dorpie. Rustig en stil. As mens wil rus en wegkom van die stad se gewoel is dit perfek. Die natuurskoon van die strand en omliggende area is asemrowend. Mens kan nie anders as om ten volle herlaai en verfris uit Doringbaai te ry nie."
"Dit 'n baie mooi, rustige en veilige omgewing wat vir 'n natuurliefhebber, wat van 'n landelike uitsig in 'n luukse gastehuis hou, besonder van waarde is. "
"Other accommodation rather unnecessarily expensive. Fransie Pienaar Museum and Gay's Guernsy Dairy excellent. Greatly anticipating the opening of Swartberg Pass."
"L'Agulhas is 'n pragtige dorpie waar die 2de oudste vuurtoring steeds sy lig laat skyn. Die dorpie het 'n baie gesellige koffiewinkel, Suidpunt Potpourri, waar die mooiste items vir jou huis gekoop kan word. Die natuur lewer geleentheid vir fietsry en stap op die mees Suidelike punt van Afrika."
"Daar is so baie om te sien en doen. Ons het die Karoo Wildreservaat besoek, Chris Barnard se huis en sy pa se kerk, die township se kerkies, die Arts en Science sentrum en die sentrum vir gestremdes. Die weer was aangenaam. Mens kan ook met 'n donkie kar op toer gaan. Ons het nou nie daarby uitgekom nie."
"Dit was die eerste keer wat ons in die Kommetjie-area met vakansie was. Dit is 'n baie stil en rustige plekkie. Ons sal weer daar inloer."
"My familie bly daar, maar het geen begeerte om daar te bly nie. Baie lekker in die suidpunt van Afrika."