Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Die strand en see is pragtig. Net jammer dat die mense wat mossels en kreef verkoop mens nogals kan lastig val. Die feit dat jy met die intrap-slag gewaarsku word teen moontlike inbrake en diefstal is kommerwekkend. Maar anders as dit, lieflike en rustige bestemming met pragtige blou see."
"'n Baie mooi kusdorpie, maar as jy soontoe gaan vir 'n vakansie is dit regtig net om te rus want daar is nie veel anders om te doen nie."
"Die kinders en grootmense het Fairy Sanctuary baie geniet. Daar is baie te sien en besoek in Swellendam. Ons kon nie by alles uitkom nie."
"Eseltjiesrus se donkies maak mens se hart sag! Lord's wyne en McGregor wyne was net so lekker. Vriendelike mense, ons kom weer."
"Very limited choice of restaurants - a coffee shop like at De Kelders would have been nice, but I found it too late! However, the seafood at The Boathouse Restaurant was fresh and excellent! Tourist information office has interesting and informative exhibits and very friendly service."
"Ongelukkig oorgekommersialiseerd geword en lui plaaslike besigheidsmense wat die toeris probeer uitbuit met substandaard goedere!"
"Oom Piet se plek is uitstaande in Gansbaai. Als wat nodig is was in Gansbaai."
"Op Strandfontein is die see en die natuurskoon die oorheersende faktor wat dit 'n plek maak waar mens weer in kontak kom met jou eie menswees en deel word van die oseaan en die omgewing. Onverbeterlik!"
"Dit is die mooiste dorpie in die Wes-Kaap! Die huise is goed versorg, en al die mense is vriendelik en werk saam. Die hoeveelheid projekte wat uit die gemeenskap gaan om armoede te verlig en mense te bemagtig, is so positief."
"Haroldsbaai is baie rustig,veilig en sommer alles wat jy nodig het om te rus en jou siel te voed. Baie dankie aan LekkeSlaap se diens! Blyplek was volledig toegerus met meer as ons verwagtinge. Uitsig baie mooi. Sal waarlik weer van julle gebruik maak."
"I love going to Montagu, I have been going for 3 years now. My children also love it. It is tranquil and has a lot to offer families with children."
"Wonderlike wynplase om te besoek, Almenkerk & Paul Wallace. Persoonlike aanslag by Paul Wallace soos lanklaas beleef."
"Buite seisoen baie stil. Daar gaan nie veel aan nie. In seisoen is dit baie besig, met duisende mense, maar ons hou daarvan so, want ons wil ook deel van die baie wees. Baie konserwatief, spreektaal is Afrikaans."
"Pragtig plek. Skoon en netjies. Amazing Spar op die dorp. Sal graag daar gaan bly!"
"For people with not a 4x4 car just note that lots of roads in the Cederberg area are gravel roads specially difficult if you want to go to small villages like Wuppertal (not worth the long drive there)."
"Voel net jammer vir die brand wat plaasgevind het. Kry die boere so jammer. "
"Die waterval was vir ons die hoogtepunt. Goeie museums. Bietjie gesukkel om inligting aanlyn te vind oor van die plekke."
"Pragtige dorp! Skoon! Vriendelike mense en plek om mens se batterye te herlaai."
"Die aktiwiteite vir 'n kleintjie was in perfekte radius van mekaar. Die diens was fantasties by al die plekke waar ons was: die swembad, spa, restaurante en speel area. Dankie almal!"
"Uitstekende vakansiebestemming! 'n Verskeidenheid van dinge om te doen en te sien, rustige omgewing."