Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Knysna het 'n groot verkeersprobleem (selfs in die effense afseisoen). Die enkele toegangs- en deurpad is ontoereikend. Andersins skep Knysna en al die toerismebedrywighede 'n kleurvolle prentjie. Ek kan verstaan hoekom so baie die bestemming aanloklik vind!"
"Heerlike bestemming met baie doendinge! Jy moet meer as 2 dae hier spandeer om alles te sien en ervaar. Dit was baie lekker!"
"Baie lekker plek, weg van die chaos, maar naby om deel daarvan te word sou jy wou."
Woodbridge Island, Western Cape
The Beach Room"Mooiste strand, sonsondergange en Ilhas Pub se cajun calamari is voorwaar die beste ooit en absoluut waarde vir geld. Baie veilig en op die publieke busroetes met billike pryse."
"Asemrowende rotspoele by die strand, dit is ongelooflik hoe die natuur nog bewaar is in die area. "
"Pragtige argitektuur in die dorp en Burkenhead Winery and Brewery is net buite die dorp - definitief 'n moet as jy die dorp besoek."
"Bettiesbaai bied asemrowende uitsigte oor die see en berge. Dit is die ideale bestemming vir mense wat hou van stiller plekke en die natuurskoon."
"Baie stil buite seisoen met beperkte fasiliteite soos kruidenierswinkels en restaurante. Die rivier is pragtig! Lekker lang wandelings op paadjies langs rivier en palingstroom. "
"Lot of friendly residents. Peaceful surroundings and plenty of different destinations for day drives. Interesting shopping opportunities. Eating out is made easy with plenty choices. "
"Robertson is altyd lekker! As jy nou kamp of in 'n hotel bly, daar is baie om te doen vir die hele familie en die mense is vriendelik. Die weer is partykeer onvoorspelbaar, so neem maar net klere vir elke seisoen."
"Lang en mooi strande met lekker ver stappe langs die see moontlik en potensiaal vir rotshengel aan die Oostekant. Alhoewel daar onverwags baie mis was in die afwesigheid van winde tydens ons besoek van drie dae, is die weer lekker en gematig. Glentana was nog altyd en is steeds 'n baie goeie bestemming! "
"Die 4x4-roete naby Jongensfontein is baie lekker om te doen, vat so 45 minute en is baie mooi!"
"Dit is ons eerste keer in Montagu en kan nie wag om terug te kom vir 'n langer periode nie!"