Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Baie om te doen. Het meer as 2 dae nodig om behoorlik te besoek. Die dorp is baie skoon en mense baie vriendelik."
"Wonderlike positiewe ervaring. Sal beslis 'n besoek aan Stellenbosch aanbeveel."
"Was verras deur wat die dorpie alles bied. Kwaliteit lewenstyl. Asemrowende omgewing."
"Jacobsbaai het baie gegroei die afgelope 20 jaar, en bly een van die mees private kusdorpies in die omgewing. Ek sien dit bou steeds dat dit klap en groei sterk."
"It is a wonderful town, people are friendly, it is very relaxed compared to the city life. Am definitely going back there again."
"Tradisionele kontrei maandeinde wat gepaard gaan met met sy eie uitdagings, maar die omgewing is puik."
"Die karakter van die dorpie is uniek en word goed beheer deur die hoofstraat en geboue oor die algemeen eenvoudig, gerestoureer en mooi versorg. Lekker restaurant, doen dinge en interessante besighede. Heerlik om stappies en en buite dorp te doen."
"Dis mooi, maar die restourante is nie great nie en die winkels is skaars."
"Lambertsbaai is 'n stunning kusdorpie met soveel mooi dinge en lekker mense. Definitief die moeite werd om dit te besoek!"
"Ons het amper die winkels agter Paddagang gemis en het gedink die hoofstraat met Kafees was dít! Gelukkig het iemand ons verwys na die ander plekkies. Dalk kan dit duideliker aangedui word. "
"Barrydale is 'n pragtige dorpie en 'n fotograaf se droom. Die dorpie is vol pragtige huisies met yslike agterplase, elk met 'n stukkie boord of wingerd. Op die Route 62 is restaurante om van te kies en te keur. Dit voel kompleet of ons in 'n ander land was."
"Baie mooi rustige plekkie, stil en stemmig met vriendelike mense en pragtige omgewing."