Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35608 reviews.
"Stilbaai is 'n lieflike dorpie met pragtige natuurskoon. Hier word daar geroei, visgevang, gedraf, geloop, branderplank gery, ens. Daar is genoegsame winkels in hierdie dorpie vir alles wat mens kan benodig! Definitief aan te beveel vir vakansie, permanent sowel as aftree!"
"Rawsonville is 'n pragtige omgewing en absoluut ideaal vir 'n wegbreek naweek of selfs langer tydperk."
"Ek sal baie baie graag die eienaar/s van hartenbos slaghuis wil geluk wens met die wonderlikste, heerlikste vleis wat ons daar gekoop het. Die hele slaghuis is so uiteengesit en toegerus om enige dagkamper of vakansiegangers wat wil braai so gemaklik te maak, want daar is van tuisgemaakte slaaie tot die heerlikste vleissoorte om van die kies. Daar is hout, steenkool, tange, houtaanstekers, roosters en nog wat. Die mense wat jou bedien is van die boonste gehalte en reg met goeie raad en hulp en die vriendelikheid straal uit hulle uit. Hartenbos slaghuis, julle is bobaas en ek wens dat julle aflewerings in Uitenhage gedoen het, want daai poniesterte van julle is iets uit hierdie wêreld. Weereens baie dankie. Julle sien ons gou weer. "
"Its a beautiful area. The beach is a stone's throw away. It's pitch black at night which is awesome. The sound of the waves at night is very relaxing. Even without street lights we felt safe as ADT patrolled up and down the street all night long. Was delighted to see buck at the side of the road. Lovely area and not from many interesting sights, birds of Eden, Monkey and and many more."
"Stilbaai self, baie mooi uitsig, see pragtig en skoon. Die Stilbaai gemeenskap nog so bietjie voor '94, die pub het nog ou SA flag so ek was bietjie bekommerd. Die klein juwelierswinkel waar ons so bietjie soos kriminele gehanteer was, was nogal iets om oor te praat die aand langs die kaggel. Maar die feit dat daar geen goeie restaurante was nie, is nogal 'n groot teleurstelling, maar sal wel weer daarheen wou terugkeer."
"Besoek die wynplase en maak verseker 'n draai by die Saronsberg Teater en Things I Love in die dorp."
"Dit was ons eerste besoek aan Stilbaai, lieflike dorpie met mooiste wit strande en oorgenoeg winkels!"
"We thoroughly enjoyed our brief stay in Langebaan. There were road works which led to a great deal of confusion but once complete the good roads will enhance the area. The scenery and of course the flowers are magnificent and Langebaan is nice and central. Good dining available and everything a traveller could wish for."
"Die kombinasie van see, walvisse, berge, top-restaurante en wynplase sorg vir 'n baie spesiale ervaring. "
"Ons het die Murludi Hiking Trail gaan doen. Ons het die volle 10 km gestap. Dit was baie meer uitdagend as wat ons gedink het dit gaan wees, maar definitief die moeite werd! Die uitsig was ongelooflik! Ons het ontbyt geëet by Things I love en ons het baie lekker geëet! Ons kan nie wag om weer Tulbagh toe te gaan nie."
"Die dorp self doen dit nie meer vir my nie, te besig en parkeerplek 'n probleem. Daar word te veel van dieselfde produkte aangebied en te oorweldigend vir die toeris. Die omgewing buite die dorp en wat alles besigtig kan word is 'n groot inspuiting vir Knysna."
"Oudtshoorn is 'n dorp wat 'n mens baie maklik kan geniet oor die vriendelikheid van die dorpsmense."
"The purpose of our visit was to see the "flowers". We visited the Museum which we enjoyed. We enjoyed our meal in a local restaurant and the surrounding scenery is beautiful. "