Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35325 reviews.
"Dis 'n ervaring om deur die straatjies te loop en in die winkeltjies te snuffel. Dis 'n baie netjiese dorpie. Baie fantastiese restaurante."
"Jacobsbaai is pragtig met heerlike restaurante en 'n kafee. Mense is vriendelik en rustig."
"Greyton is altyd die moeite werd om te besoek, veral as 'n mens dit kan verbind met iets besonders soos die klassieke musiekfees verlede naweek."
"Port Owen is een van ons gunstelingplekke. Ons kry nie genoeg van die Weskus nie en beveel almal aan om tog eendag daardie huisie by die see te gaan koop. "
"EK WOU GRAAG UITGAAN VIR SEE VISVANG. BLYKBAAR VERKEERDE TYD. TRIP MET MARK OP RIVIER BAIE LEKKER EN RESTAURANT BY BREEDE LODGE WAS BAIE LEKKER."
"Riebeeck-Kasteel is 'n pragtige plekkie, ek sal regtig weer teruggaan, en kan dit vir almal aanbeveel."
"Fantastiese vakansieplek, onthou net om jou jas saam te vat, kan skielik net koel raak daar."
"Beautiful environment, but walking and cycling paths poorly indicated or absent. A pity there is no natural swimming water, river, lake or dam; nobody's fault but part of a description for tourists."
"Pragtige dorp. Baie rustig so tussen die majestueuse berge. Sal verseker weer daar besoek aflê."
"Wildernis altyd die beste. Baie lekker restaurante. Net lekker om te loop op die strand of om in 'n kano te vaar al langs die lagoon af. Pragtig."
"Baie mooi strandjie met goeie privaatheid buite-seisoen, maar kan bietjie oor-besig raak binne-seisoen - soos meeste strande van hierdie kaliber. Ook binne maklike bereik vanaf George Lughawe en die dorp self."
"Die dorpie is lekker klein wat dit maklik maak om die dorp per voet te leer ken. Seekos is lekker en die diens in elke winkel en restaurant waar ons ingestap het was goed. "
"Ek verneem dat daar 'n groot getal HOP-huise gebou word aan die kant van die dorp. Ek dink dit gaan definitief 'n invloed hê op die toerismebedryf daar. Op die oomblik is dit nog 'n pragtige, rustige dorpie."
"Die dorp het 'n karakter wat mens vinnig opval. Die lewe op 'n Saterdagoggend herinner aan vervloë dae!"
"Het nooit geweet in so 'n klein dorpie is daar so baie om te sien nie en 2 dae is net te kort, sal definitief weer kom besoek."
"Ons kom weer kuier. Die plaslike restaurant is baie mooi en gesellig maar ons was teleurgesteld met die spyskaart. Gelukking is dit naby ander plekke wat uit die boeke kos maak. Jacobsbaai is werklik 'n besonderse plek."