Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Baie mooi, netjiese dorp. Lekker stappaadjies. Pragtige blomongewing. Sal weer Lambertsbaai besoek."
"Het lanklaas sulke vriendelike en behulpsame mense ontmoet. Sal Lambertsbaai beslis weer in die toekoms besoek."
"Riebeek-Kasteel is bietjie van 'n geheim. Mooie plek (ek raak regtig liries daaroor) en ook sentraal geleë om plekke naby te besoek."
"Een van ons gunsteling plekke vir vakansie hou. Baie netjies, skoon en vriendelike mense. "
"Moet asseblief nie by Beaufort-Wes se KFC enige kos koop nie. My vrou het voedselvergiftiging opgedoen."
"Vriendelikheid van die permanente inwoners laat jou sommer tuis voel, en moenie vergeet van die ongerepte strand nie. Dis hemels in vergelyking met ander strande. Probeer asb. om dit so te hou."
"Al die restaurante, winkels en padstalle bied uitstekende verskeidenheid en waarde vir geld."
"Lambertsbaai is 'n interessante dorpie en die malgasse beslis 'n moet. SANP het moeite gedoen om die ervaring vir die publiek interessant te maak."
"Ons gaan net weer en weer, want dit het alles vir 'n moeë liggaam en gees. 'n Woolies sal gaaf wees."
"Ons was Maandagoggend so teen 10 uur in Tulbagh. Die Toerismekantoor was gesluit, so ons kon geen inligting kry oor Tulbagh nie. Ons het ook nie 'n plek gekry waar ons ontbyt kon eet nie."
"Pragtige skoon toeriste-vriendelike dorp. Wil daar gaan aftree eendag. Nr 1 in die hele land!"
"Beslis ingestel op uitbuiting van toeriste, alhoewel die eetplekke aan te beveel is."
"Baie ongekunsteld en platvloers. Ons ete by Bush Pub was heerlik en heel goedkoop. Die Swartbergpas is iets wat mens moet beleef. Ek het al drie keer besoek, in albei rigtings, maar ek sal dit graag weer doen."