Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35325 resensies.
"Almal baie vriendelik, almal groet. Baie mooi, rustige plek, mooi natuurskoon, vir ure en ure langs die strand afgestap. "
"Heerlik om die wynplase en oulike dorpies soos Rawsonville te besoek. Uitmuntende berge. Oulike padstalle. "
"Wonderlike, baie geskiedkundige plek, die moeite werd om te verken deur die dag en historiese verblyf te soek vir die aand."
"Die Rawsonville omgewing is baie mooi met heelwat kelders en restaurante wat besoek aangenaam maak."
"This was my 2nd time that I came to Plett and specifically stayed in Robberg. This is my ultimate holiday destination and I will come back again and again!"
"Tulbacgh is 'n pragtige dorp, omring deur berge, en het 'n ryke en interessante geskiedenis. Die mense het ek baie gaaf, vriendelik en behulpsaam gevind. Afgesien van die pragtige natuurskoon, is hier pragtige, ou geboue om te besigtig; asook 'n wye verskeidenheid besondere plekke om te besoek."
"Swellendam is 'n juweel vir toeriste wat 'n stil, netjiese, maar tog interessante dorpie in die Overberg soek. Daar is uiteenlopende interessanthede en aktiwiteite in en buite die dorp. "
"Gerieflike oornagstop tussen Kaapstad en Johannesburg. As jy wil sterre kyk in die nag, is dit 'n goeie keuse."
"Gay's Guernsey Dairy is definitely worth a visit, excellent cheeses. Plenty restaurants to choose from within reasonable price ranges. "
"Bied die toeris werklik baie. Natuurskoon, kuns, wyn, heerlike restaurante."
"Mense in Bredasdorp baie beleefd en vriendelik. Dorpie skoon en netjies."
"Myoli Strand se sand is die sagste sand, die strand is meestal heerlik plat, so ek sou dink dis ideaal vir kleintjies om op te speel, tot nou toe is dit ook wonderlik veilig vir enige ouderdom om te stap, al is die strand leeg, voel 'n mens veilig daar. Die see self is 'n bietjie gevaarlik om in te swem, ek sou voorstel dat 'n mens vra advies van die plaaslike mense of en waar 'n mens kan swem, maar om deur die vlak golwe te stap is heerlik."