Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Enige reisiger moet een of ander tyd in sy lewe 'n draai maak op Calitzdorp. Die munisipaliteit kan gerus meer moeite doen met die voorkoms van die dorp. Veral die teerpaaie het baie aandag nodig."
"Het Knysna gekies omdat die oesterfees baie aktiwiteite het. Ons het die trailruns in die woud gaan doen. "
"Prins Albert is 'n juweel in die Karoo. Die dorp is skoon, die mense vriendelik en behulpsaam. Een van die pluspunte vir ons was die feit dat die winkels in die hoofstraat aansluit by die boustyl van die dorp, geen helder geverfde geboue om winkelname te adverteer nie!"
Van Riebeeckstrand, Western Cape
Island View F5"Die opeenhoping van besope mense in die omgewing van OK Foods is jammerlik en jaag beslis mense weg. Die strand op sigself is lieflik met heerlike lang en oop stapbare strande."
"Dit was nie vreelik lekker om skemertyd, na aandete, rond te wandel nie. Die boemelaars was bietjie lastig. Twee van die plekke se diens was ook nie watwonders nie. Illy koffiewinkel het tekere gegaan omdat ons met 'n vaste R100 betaal vir 'n koffie en hulle het nie kleingeld nie. En by Bon Bon wag ons tot vandag nog vir die middagete spyskaart. Verder was die dorpie pragtig, met 'n rustige atmosfeer."
"Dit is 'n pragtige en skoon dorp. 'n Mens voel baie veilig om daar rond te loop. Die inwoners is baie vriendelik en hulpvaardig."
"Oudtshoorn kan sterk aanbeveel word vir gesinne wat wil rond toer, kinders vermaak en lekker eet!"
"Meeste winkels was Maandag gesluit. Ons het egter een van die eienaars geskakel en sy was so gaaf om die kunswinkels vir ons oop te sluit. Genadendal uitstappie is en behoort op almal se 'bucket list' te wees."
"Toeristebestemmings is die moeite werd, maar die dorp self is baie verniel en paaie is in baie swak toestand. Dis 'n jammerte!"
"See, sand .... net pragtig. Iets wat jy definitief moet ervaar. Skoonheid in eenvoud."
"Dit groei teen 'n vinnige tempo, maar die atmosfeer bly dieselfde"
"Stellenbosch, Paarl en Franschhoek die meer bekende wynlandgoedere, maar Wellington staan geensins terug nie en het ook historiese besienswaardighede. "
"Baie lekker rustig en vriendelike plek. Baie stil en 'n lekker plek om te gaan ontspan."
"So lekker om weer in so 'n plattelandse dorpie te kon wees, waar jy nog in die middel van die straat kan afstap en diere op die kleinhoewes in die dorpie te sien. Die mense is bevoorreg om nie so 'n gejaagde lewe te lei nie soos ons in die stad nie."