Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Beste plek om vakansie of 'n naweek weg te geniet. Ons het hierdie naweek net besef in die Weskus kan almal kos maak, oral waar ons was is die kos ongelooflik smaaklik en tog ook bekostigbaar. Ek het 'n volle 2 kg opgetel na 1 naweek. :)"
"Dit is die tweede jaar dat ons Muisbosskerm kom besoek het en ons was weer baie tevrede. Ons het by Raston Guest House oorgeslaap en bietjie in die dorp gekuier - fantastiese mense!"
"Stap op die promenade is 'n moet, almal is aktief en feestelik, die plek is kunstig mooigemaak, en regtig aangenaam om te verken."
"Nie baie rondbeweeg nie, maar personeel by die Caltex garage asook by Spur baie vriendelik en behulpsaam."
"Wellington is nie regtig gespits op toeriste nie - meeste van hul wynplase maak vroeg toe op 'n Saterdag en is Sondae toe. Dit was nie 'n reuse probleem nie aangesien Paarl, Tulbagh en Riebeek-Kasteel heel naby was, maar die Wellington-wyne was so lekker dat ons spyt was ons kon nie meer ervaar nie. Wat wel vir ons baie lekker was, is dat juis omdat dit nie so kommersieel is nie en ons baie persoonlike aandag by die kelders gekry het, soms vanaf die eienaars en/of wynmakers self. Ons het heerlik geëet by Gecko Lounge in die dorp. Ek glo ons sal Wellington weer besoek."
"Vir ons mense van Gauteng is dit snaaks dat omtrent geen huis omhein is nie. Love dit! "
"Kleinmond is baie rustig en die natuur is wonderlik. Goeie rus vir jou siel en goed vir een se gemoed."
"Robertson bly een van die juwele van die Kaap. Ons kuier altyd heerlik in Robertson, ons kom altyd weer terug na die mooi omgewing."
"Jacobsbaai is 'n pragtige eg Weskus dorpie en bekend aan ons almal. Dit is stil en rustig. Dit het ook 'n baie veilige atmosfeer. Gelukkig is dit nie ver van Vredenburg af nie. "