Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"DIE HEEL BESTE PLEK OM TE WEES. NABY ALLE GOEIE BESIENSWAARDIGHEDE, KAAPSTAD EN DIE LUGHAWE."
"Intieme dorpie met genoeg winkeltjies en bekostigbare goeie eetplekke. Gunsteling dorp in die Karoo. "
"Ons was vinnig in die winkelsentrum om die nodige aan te koop vir ons braai. Die winkels het alles gehad was nodig was. Ons was nie verder in Paarl se winkels nie, maar die wynroetes en die bekende Spice Route en Fairview is is naby die plaas."
"Ons het dit moeilik gevind om 'n goeie eetplek in Beaufort-Wes te vind. Die beste uit die opsies wat ons sover probeer het was die Vleis Deli oorkant die Shell garage, waar mens jou eie vleis by die slaghuis kan kies en dan braai hulle dit vir jou."
Great Brak River, Western Cape
Ilita Lodge"Die Transkaroo Lodge, in Groot-Brakrivier, bied 'n uitstekende spyskaart en diens. "
"Glentana is very beautiful. The people are friendly. Four seasons in one day can be expected."
"Baie lekker wyn by Soetkelkers, heerlike cappuccino by die hotel en 'n baie skoon dorpie. Ons derde besoek aan Prins Albert en sal dit weer doen."
"Op ons gasvrou se aanbeveling het ons by 4 Sheep gaan eet wat reg by die Caltex motorhawe is. Ons het die aandete so geniet dat ons eers weer die volgende oggend daar ontbyt gaan eet het. "
"Persoonlik vir my en my vrou was die Old Oak Gastehuis uitstekend naby die familie waar ons gaan kuier het tydens die troue van hul oudste seun."
"Die diens by on the rock is die beste, voel altyd welkom. Sal altyd daar oorbly as ek in daardie omgewing is. "
"Moet nooit die dorp verander nie. Dit is een van die mooiste plekkies in ons land waar 'n mens ook van ons geskiedenis kan leer."
"Die restaurante se besigheidsure is net bietjie swak. Enigste plek wat oop was vir aandete was Spur. Mens wil tog nie elke keer by Spur eet nie. Dit raak afgesaag."
"Eerste besoek aan Barrydale. Pragtige dorpie, sal weer daar stop. Nuwe restaurant, Giuseppe's, was heerlik!"
"Karoo Nasionale Park is die ding om te doen. Vriendelike personeel, goed versorgde park en goeie snuisterywinkel met 'n koue bier as bonus! "
"Maklik om vanaf die gastehuis na die lughawe ens te reis. Ideaal as mens iemand het wat in een van die nabygeleë hospitale is. "