Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Hierdie was ons eerste besoek aan Dwarskersbos en ons het oombliklik verlief geraak op die pragtige skoon strand, mooiste sonsondergange en rustige atmosfeer. Daar is geen ander plek waar ons 'n seevakansie sal wil kom hou nie. Dwarskersbos het ons harte vir ewig gesteel."
"Die natuur is pragtig en dis heerlik op die strand. Daar is lieflike restaurante en koffiewinkels. Ons glo daar is ook beter verblyf beskikbaar, maar mens moet wegbly van die hawe af."
"Dit is 'n wonderlike omgewing met 'n ryk geskiedenis. Wonderlike kultuurskatte, mens het nie genoeg tyd om almal te besoek nie. Die dorp is netjies, skoon en die blomme op die sypaadjies laat met voel asof jy nie werklik in Suid-Afrika rondbeweeg nie. So jammer dat parkering altyd 'n probleem is en dat ons ouer garde ver moet loop om by iets uit te kom."
"Slightly overrated. Weather can be miserable at times, and a lot of the beachfront is hard to access. Lots of development in the last 10 years. Prefer places like Lekker Rus, which is situated further away from the hustle and bustle."
"Die pragtigste dorpie in die land. Dalk 'n bietjie besig oor die feestyd, maar daar is soveel om te doen - nie net vir die kinders nie, maar ook vir die ouers!"
"George is baie besig gedurende Desembermaand, maar ons het dit steeds geniet en is dit gerieflik geleë aangesien Sedgefield, Knysna, Hartenbos en Mosselbaai nie so ver is nie. Daar is soveel om te doen en te sien. Kuier was heerlik in George!"
"'n Oulike dorpie wat 'n mens skoon mis wanneer jy daardeur ry. Vol intressanthede. Sal weer in die pekkie oornag."
"Alhoewel rustig en verleen die kanse om tyd te spandeer aan iets anders as die gejaag van die groter stede, kan die plek "klein" raak oor die min dienste wat gelewer word. Goeie restaurante is in naburige dorpe, aankope word liefs elders gedoen, geen brandstoflewering."
"Die beste vakansie-omgewing. Mooi strande, skoon en netjies, mense baie hulpvaardig en vriendelik. "
"Dit is 'n fantastiese vakansieplek. Daar is soveel om te doen en te gaan kyk. Ons kon nie by alles uitkom nie dus sal ons definitief weer terug gaan Mosselbaai toe."
"Pragtige klein dorpie met kort afstande na Velddrif, Vredenburg en Saldanha."
"Die restaurante is van puik gehalte. Die kos is heerlik en diens by meeste plekke is baie goed. Dit is maklik die mooiste en lekkerste plekkie om in te gaan vakansie hou in die hele Weskus. Ons bekers loop oor. Baie dankie."
"Ons woon in die Oos-Kaap en wat 'n wonderlike ervaring was dit om op paaie te ry wat nie jou motor in wil sluk en om oral goeie kliëntediens te kry was hemels."