Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36180 resensies.
"Brenton on Sea is perfek weggesteek en tog redelik naby aan Knysna as jy die ekstras nodig het om te koop."
"Agulhas is 'n fantastiese plek. Sal enige tyd as ons die kans het weer daar kom kuier."
"Dis 'n wonderlike plek vir mense wat wil wegbreek uit die gejaag van die lewe, dis 'n absolute kans om te rus en niks te doen nie."
"Ons sou graag vir Jacobsbaai 4 sterre wou gee, maar die tekort aan winkels om voorraad aan te vul, asook plekke om by te eet is 'n groot leemte, want 'n mens kan nie elke dag na Saldanha toe ry om inkopies te doen of uit te eet nie."
"Dit is lekker stil by Blouwater Baai, maar tog naby besighede en ander besienswaardighede. Ek sal dit beslis kan aanbeveel."
"Dis rustig en lekke wegbreekplek! Ek sal weer teruggaan en weer van LekkeSlaap gebruik maak."
"'n Pragtige, historiese dorp met baie om te doen en te sien. Daar is heerlike staproetes en uitstekende restaurante. Die museum is 'n moet-sien."
"A lovely destination for those outdoor orientated - especially those who enjoy hiking and biking."
"Daar is nie baie te sien of doen hier nie, maar dit is baie naby aan Langebaan, Saldanha en ander kusdorpies. Dis 'n stil, rustige en veilige dorp."
"Dit is hoe ons dink 'n vakansiedorpie by die see moet lyk. Dit het geen handelsgedruis, maar is nogtans naby winkels. Die omliggende plekke is ook lekker om te besoek. By dit alles is Jacobsbaai prentjiemooi. Ons sal graag weer daar vakansie wil hou."