Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36757 resensies.
"Springerbaai is afgesonder van die "mal"-besige vakansieplekke in die omgewing. Dis eksklusief, rustig en privaat. Jy kan lekker gaan fietsry, draf of stap. Daar is bontebokke, sebras, springbokke en ander kleinwild te sien - ook baie skilpaadjies. Baie privaat strand - jy is meestal alleen daar - soms is daar dalk een ander groep mense. As jy lus is om bietjie tussen baie mense te gaan swem kan jy Vleesbaai toe ry (of stap as jy baie energie het), of na Mosselbaai of Klein Brak se strand toe vir die dag. Dis doodstil en jy rus lekker. Dis 'n eko-estate so alle huise het slegs sonkrag so jy weet nie eers van beurtkrag nie, maar jy moet spaarsamig werk met die elektrisiteit."
"Baie om te doen soos almal weet. Kaapstad is skoon en alles werk. Dis soos om in 'n ander land te kuier as jy dit met Gauteng vergelyk."
"Sal nooit weer enige ander plek vakansie hou nie, Kaap is 'n lekker plek."
"Kaapstad is een van Suid-Afrika se "prima"-destinasies vir reisigers. Die area se natuurlewe, geskiedenis en toeriste-attraksies is fenominaal en "lekkers" vir die oog en siel. Die area bied nog soveel in 'n 400 km radius, of dit nou Noord, Wes, Suid of Oos is. Die opsies is eindeloos!"
"Don't follow Google maps' short cut suggestions. Took me down a 50 km dirt road between Piketberg and Graafwater. Added almost an hour to my journey."
"Heerlik stil. As jy regtig wil wegkom van alle fieterjasies is dit die plek. Baie ruimte vir toerisme-ontwikkeling. Maar vir ons was dit net genoeg."