Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Baie goeie wegbreek. Goeie weggesteekte plekkies waar mens heerlik kan kuier. Nostalgie is 'n puik restaurant waar mens altyd tevrede sal wegstap."
"Houtbaai is 'n juweel. Lekker seekos gehad en strand is lekker. Natuurlik was ons op die boot na die robbe. Was fantasties."
"It's the most beautiful town and the people are friendly and so accommodating."
"Ons het baie lekker in Kleinmond gekuier. Dis 'n baie mooi en rustige kusdorpie, naby aan heelwat besienswaardighede in die omgewing, en met alle geriewe wat nodig is vir inwoners en besoekers."
"Nie baie om te doen nie, maar 'n rustige wegbreek. Pikkewyn- en krokodiltoere naby. Haaikyk-boottoere net langsaan by Kleinbaai, maar bietjie duur. Eileen' s Restaurant is 'n moet om te besoek. Seekos platter vir 2 neem net 20 minute en is baie lekker. Hermanus nie te ver daarvan nie."
"Mosselbaai is 'n lekker vakansiebestemming want die water is warm en die wind is nie te erg nie."
"Ons was daar vir die Ysterman en het dit terdeë geniet. Alles was goed georganiseer. Volgende jaar sal ek beslis weer daar wees om my drie kinders te ondersteun! Mooiste uitsigte met die beste koffiedrinkplekke!"
"Ek is bevooroordeeld teenmoor Paarl, maar Middelplaas is tops. Ek was daar vir werk."
"Die eerste Iroman 70.3 Mosselbaai was gehou in Mosselbaai en ons was verras om te sien hoeveel moeite Mosselbaai-munisipaliteit doen om vir alle besoekers te wys hoe pragtig die dorpie is."
"Pragtige stande en skoon dorpie met oulike winkels. Baie veilig, wonderlike somervakansie-dorpie."
"Pragtige dorp wat omgee vir die gemeenskap. Heerlike kos, olywe, kaas en wyn. Kan die Ghost Walk saam met Ailsa en 'n besoek aan die museum aanbeveel."