Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36701 resensies.
"Legio opsies vir ervaring in natuur en eetplekke van puik gehalte en vriendelike diens."
"Die netheid van die dorp. Geen slegte paaie en veiligheid in die omgewing van Santos maak 'n vakansie die moeite werd. Genoeg lekker eetplekkies en heerlike staproetes. Mosselbaai die dorp van die jaar."
"Die wind kan maar erg raak - maar die stiller dae is heerlik as daar 'n ligte windjie waai."
"Isabellas in die hawe het die beste seekos, vriendelike diens en goeie waarde vir geld. OK Foods was baie indrukwekkend. Skoon en ietsie van alles. Die locals is almal vriendelik en het ons baie welkom laat voel."
"City is very clean and the Dias Museum and St Blaize trail are excellent."
"Moet sê Lambertsbaai was in die middel van 'n plaaslike verkiesing so dit was nie baie aangenaam nie."
"Kinders wat in strate smous word problematies, maak mens ongemaklik om te stap en inkopies te doen. Verder was alles fantasties!"
"Montagu is 'n pragtige dorp. Met ons 5dae besoek was die rose in volle blom en almal se tuine was pragtig met allerhande blomme. Die dorp is báie skoon."
"Heerlik om daar te kuier. Port Owen bied ook genoeg vermaak indien iemand daarna sou smag tydens 'n kuier aan Wamersvlei."
"Stilbaai is die ideale bestemming vir 'n wegbreek-naweek. Dis 'n veilige bestemming wat maklik te voet verken kan word. Daar is 'n goeie verskeidenheid restaurante en die Spar en OK-winkels hoef glad nie vir die winkels in groter dorpe terug te staan nie."
"Drove and walked around a little. The town has many interesting stores/shops. Very enjoyable."
"Lambertsbaai het erg agteruit gegaan. Van die geboue is baie verwaarloos. Ons het gereeld besoeke afgelê, maar sal eerder verby ry."