Verified Reviews

Western Cape

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape

Rated 4.6 out of 5 based on 35606 reviews.

Tulbagh, Western Cape

Annie's HideAway

"Ideaal om te gaan wynproe en die Boland op sy beste te ervaar."

Cape Town, Western Cape

Bayview

"Amazing place to visit amazing sight seeing."

Greyton, Western Cape

The Views Plattelandse Dorpshuis, Greyton

"Ons was 'n familie en klomp vriende wat mekaar lanklaas gesien so dit was belangrik vir ons om 'n lekker plek te kry waar ons kon saamkuier maar ook rustig kon verkeer (veral omdat daar ook jong kinders was). Greyton self is eenvoudig. Lieflike restaurante (letterlik oorkant die pad van verblyf is Vanilla Cafe) lekker pizza en TV met sport. Ons het ook (weer) 'n draai gaan maak by 1854 (love die kuierplek). En als is in loopafstand. Vinnige draai by die Saturday Morning Market ook gemaak. Dis 'n oulike wegbreek van die stad, naby genoeg (uur en half se ry). En dan is daar ook natuurlik baie bergfietsroetes en trail runs in Greyton vir die manne wat meer exercise soek. Ons het nooit eers daarby uitgekom nie. Tog is dit nogsteeds 'n besige klein dorpie, so jy voel nooit verlate of afgesonder nie en die OK (mini) Mart is seker een van die beste winkels. Jy kan letterlik als daar koop en dis van goeie gehalte. So ek sal Greyton met liefde aanbeveel vir almal wat wil wegkom van die stad af. Moet net nie 'n mall of take away (KFC, Steers ens) soek nie. Daar is meer as genoeg restaurante met ordentlike kos om die uit te sort."

Paternoster, Western Cape

Oppidraai B

"Beïndruk met die atmosfeer van samewerking en ondersteuning tussen die verskillende plaaslike mense om toerisme te bevorder. Absoluut almal oral was besonder vriendelik en hulpvaardig en die kos by al die restaurante was heerlik en die diens puik."

Cape Town, Western Cape

SomerZicht Guesthouse

"Ag die Kaap is so mooi en dit was heerlik om uit die koue Vrystaat so bietjie terug te stap in somer vir 'n dag."

Oudtshoorn, Western Cape

Ravenscliff Villa

"Baie besienswaardighede en baie lekker resturante ."

Bredasdorp, Western Cape

Old Sam's Cottage

"Baie in die omgewing om te sien. Ons was deur na De Hoop en het baie wild gesien, bo en behalwe die Elande, Zebras en Springbokke wat ons by Old Sam's gesien het."

Mossel Bay, Western Cape

Vitamiene-See

"Dis 'n baie lekker vakansiebestemming, veral as mens kinders het omdat daar baie aktiwiteite is om te doen soos bv. by die ATKV-oord. Die strande is baie mooi en skoon en alles is naby genoeg om te verken. Daar's lekker restaurante en mooi en interessante plekke om te verken."

Beaufort West, Western Cape

Die Herehuis

"Not sure what all Beaufort West has to offer, but their accommodation options are awesome. If you have time, the Karoo National Park is a must. There are trails for all vehicles!"

Malgas, Western Cape

Breede Getaway

"Peace and tranquility."

Stellenbosch, Western Cape

Feel @ Home

"Pragtige dorp met baie besienswaardighede."

Mossel Bay, Western Cape

Withuis

"Baie mooi plek."

Cape Town, Western Cape

Smithland Guest Apartments

"Always an awesome holiday destination."

Cape Route 62, Western Cape

Uitsig Cottages- Hemelrand

"Pragtige area, baie om te doen."

Cape Town, Western Cape

The Baytree Beach House

"Ons was in Kalkbaai spesifiek. Hierdie deel van die Kaapse kus (Valsbaai-area) is besonders mooi en is, persoonlik, verkieslik bo die Atlantiese, westelike kus by Clifton en Kampsbaai, oor daar baie meer ongerepte natuur, ongelooflike eksentriese winkels en eetplekke en 'n luilekker atmosfeer is. Hoogs aan te bevole."

Arniston, Western Cape

Arniston Seaside Cottages

"Arniston is 'n baie mooi plek. Ideale vakansiebestemming met sy rustige atmosfeer, vriendelike mense en die mooiste natuurskoon."

Mossel Bay, Western Cape

La Palma Villas 11

"Ongelooflike, pragtige dorpie. Skoon dorp met 'n munisipaliteit wat werk. Almal die uitstekende diens om hierdie die ideale bestemming te maak vir ontspanning en kuier. Als is naby mekaar. Skoon en netjiese strande ook wat daagliks skoongemaak word."

George, Western Cape

Lorita's

"George is 'n lieflike plek."

Cape Town, Western Cape

The Model House

"Baie aangenaam - beter as Gauteng."

Plettenberg Bay, Western Cape

Guinea Fowl

"Het lekker geëet by Look Out restaurant met mooi uitsig oor die strand."

Plettenberg Bay, Western Cape

Alkantmooi Private Nature Reserve Keursee

"We thoroughly enjoyed our stay in Plettenberg Bay, we will be back."

Paternoster, Western Cape

Strandlopertjie

"Die beste ooit. Geniet die mense en ook die teater waar ons onsself geniet het. Lekker eetplekke en vriendelike mense. Baie veilig."

Merweville, Western Cape

Springbok Lodge Merweville

"Sien Merweville as 'n pelgrimstog om weer met dit wat belangrik in die lewe is te "connect" - gaan stap in die stofstrate, mediteer in die kerk of babbel op die boekklub se stoep, maar doen dit net stadig."

Riebeek-Kasteel, Western Cape

Olive and Vine Stay Apartment

"Lieflike dorp, baie vriendelike mense met uitstekende restaurante."

Cape Town, Western Cape

Sugar Hotel

"'n Baie lekker vakansiebestemming. Daar is so baie goed om te doen, jy kom nie eers by als uit nie."

Mossel Bay, Western Cape

View on 42

"Pragtige plek, sien ons beslis gou weer."

Page
Page 357 - Showing 10681 to 10710
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Guest account already exists

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account linked to

It looks like you already have a guest account. Please log in to verify your identity before we set up your host profile.

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers