Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Dit was ons eerste besoek aan Prins Albert. Maar definitief nie die laaste nie. Dis die mooiste dorpie. Lekker snuffelwinkeltjies, interressante mense. En geskiedenis. Daar is te baie om te doen vir een aand. Onthou om jou kuier te beplan vir 'n langnaweek."
"Lovely place, just a pity there aren't any activities for children, only swimming and the water was cold and rough."
"Baie oulike plek, met genoeg winkels as jy iets benodig. Lekker visvangplekke vir die vissermanne."
"Rustic, friendly, raw beauty that lingers and makes you long for more. Can't wait to return."
"Baie lekker vakansiebestemming met verskeie besienswaardighede, wynroetes en kuierplekke."
"Most beautiful sceneries close to beaches and you can use public transport, it's really convenient, lots of places to explore."
"Visvang vir die manne, in die rivier as die wind nie saamspeel nie, en see toe op windstildae. Heerlike koffie- en kuierplekke vir die dames terwyl die manne uitgaan water toe."
"Naby alles wat mooi en opwindend is, natuur en ander besienswaardighede. 'n Moet-besoek vir elkeen!"
"Strandfontein is 'n rustige stranddorp waar daar lekker gestap kan word met 'n pragtige uitsig oor die see. Naby Doringbaai. Waar 'n man vis, brandstof en ander benodighede kan kry. Kommetjie Restaurant (Strandfontein) het ons smaaklik geeët aan hul Seekos-bord. Waarde vir geld. Ons sal definitief weer terugkom."
"Dis hartsmense en baie vriendelik. En die skoonste dorpie ooit. Mal oor al die winkeltjies en eetplekke. Kon ongelukkig nou nie almal se kos gaan proe nie. Stilbaai, ek kom beslis weer kuier."
"Plettenbergbaai is baie asemrowend en goed geleë vir die strande en omliggende buitemuursaangeleentheid."