Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Mooi, plattelandse dorpie. Genoeg om te sien in die omliggende areas."
"Ons het dit verskriklik geniet, sal dit beslis aanbeveel en as ons hopelik weer die geleentheid het om daardie area te besoek, sal ons weer in Thornbay bly."
"Een van die beste plekke in SA vir 'n vakansie. Vriendelike mense en die dorp is uiters netjies en skoon."
"Ons is mal oor Paternoster! Dis die ideale wegbreekplek as jy in die Weskusomgewing kuier, daar is heelwat dinge om te doen en te sien. Die waterfront se interessante winkels, lekker eetplekke, die Koelkamer Teater, verskeie kuns- en keramiekgallerye, die visplek se vars visgeregte en die pragtige strande maak Paternoster uniek en baie spesiaal."
"Redberry Farm se maze is pret, daar is ook talle ander dinge om te doen op die plaas. Strande wat ek aanbeveel: Heroldsbaai, Victoriabaai en Gwaing-beach (pragtige strand, klein en afgesonder, wel grondpad om daar uit te kom). Die Power van 2.5 ure treinrit deur die Outeniekwaberge is 'n moet, dis pragtig! Die museum self is ook die moeite werd, hul het 'n baie groot collection van ou karre en stoomtreine. Montagu Pass is ook pragtig, dis so 'n uur se ry en is wel grondpad, jy't nie 'n 4x4 nodig nie."