Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36701 resensies.
"Witsand is pragtig. Dit is ideaal vir vissermanne, stappers, swemmers en enigiemand wat net wil rus. Nella se winkel is pragtig vernuwe en die nuwe restaurant oorkant Nella se winkel is tops."
"Die KKNK het heelwat van sy glorie verloor. Ek mis die feesatmosfeer van ouds. Miskien sal dit weer herstel van wat ek glo 'n COVID babelaas is."
"Dit bly 'n juweel, en mens hoop dat dit nie 'n oorvloed van mense gaan kry soos ander Weskusdorpe wat net pryse laat styg nie."
"Besoek beslis Riversdal en die pragtige Bali-sentrum. Die diens is uitstekend en die kaas en olywe is 'n moet koop."
"Mosselbaai en Hartenbos het ons hart gesteel, sal enige tyd weer besoek. Dit is ons gunsteling vakansieplek. Die dorp is netjies en skoon. Die mense is vriendelik en behulpsaam. Sal dit beslis vir vriende en familie aanbeveel."
"Het 'n bekende digter op die dorpie ontmoet. Dorp is skoon en die mense is vriendelik."
"Love Plettenberg Pay, there's so much to do. This was our third but not final visit."
"Greyton is 'n lekker plek om vir 'n rustige naweek weg te gaan. Baie lekker eetplekkies en gallerye om te besoek."
"Die munisipaliteit behoort beter ondersteunend tot 'n puik fees te wees. Die KKNK was puik."
"Ons het die KKNK baie geniet. Was net teleurgesteld in hoeveel sitplekke beskikbaar was by toneelstukke. Het op kort kennisgewing besluit om 'n vertoning te gaan kyk, maar Webtickets het gewys die kaartjies is uit. Dankbaar ons het tog gaan probeer, maar was verbaas om te sien ongeveer 1/3 van die sitplekke is leeg. Ons kom vir seker weer. Die Oudshoorn mense is so oop, warm, hulpvaardig en vriendelik."
"Die beste vakansie en skoon stad in Suid-Afrika. So baie om te sien. "