Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.
"Struisbaai is 'n pragtige ou dorpie. My man het van kleins af hier gekamp en saam met sy ouers en grootouers hier gekuier. Van die Plaat se pragtige lang strande tot die rotse om die draai, Skulpiesbaai en aan tot in Agulhas, is bekoorlik. Klein kindertjies kan heerlik baljaar in die poelletjies en branders. As jy van visvang hou, kan jy maar kom, want hier is baie visvangplekke. Kom ervaar hierdie pragtige deel van die land, jy sal oor en oor wil terugkom."
"Regtig baie plekkies om te besoek en rond te loop. Die hele dorp is pragtig. Uitkykpunte is die moeite werd om te besoek. Party restaurante is onnodig duur."
"Cape Town has beautiful sceneries and various entertainment spots."
"Vriendelike, veilige en baie rustige omgewing. Seespens bedien die heerlikste seekos."
"Dwarskersbos is a beautiful little village with a stunning beach. If you want a place to rest and renew your soul this is the place. It is paradise."
"Lekker stil dorpie. Net die regte plek om bietjie uit die gejaagde lewe te kom. Dan kan jy ook nog 'n paar plekke besoek wat nie te ver is nie."
"Dit is 'n juweel van 'n dorpie waar mens lekker bly en eet. 'n Gerieflike oorstop op pad na Kaapstad."
"Greyron is 'n moet-sien en moet-ervaar dorpie vir enige iemand wat lief is vir afskakel en asemhaal. Pragtige omgewing en lekker mense."
"Die dorp het ons verwagtinge oortref. Als is skoon. Polisie- en verkeerspersoneel is sigbaar, vriendelik en op hulle pos. Die winkels wat ons in die omgewing besoek het, was ook baie goed."