Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Daar is nie plek vir swem nie. Ons moes uit St Helena baai ry vir kinders om te swem. Die enigste eetplek wat ons kon kry was by die hawe. Maar die kos was lekker."
"Baie aktiwiteite. Dorp ietwat verwaarloos. Sakedeel baie besig met min parkering."
"Ceres town itself does not offer that much for tourists and the websites were not helpful to find places of interest. It is a pity a place with such a famous name does not market itself better."
"Ons verblyf was op Keurboomsstarnd en dit is 'n ongelooflike mooi strand met die mooiste rotsformasies en lang wit strande om op te stap. Rustige atmosfeer. Hier hou 'n mens vakansie!"
"Ons is baie lief vir die natuur en dis 'n fantastiese bestemming vir stap, kayak en voëlkyk. "
"Ons het klomp aktiwiteite gedoen. Oudtshoorn het so baie om vir mense te bied. Ons hoop net dat hulle weer die KKNK sal heropen die jaar. "
"Ons is mal oor Onrus en Hermanus as vakansiebestemming. Ons bly in die noordelike voorstede van die Kaap en dit is ongelooflik om te dink dat ons slegs 90min ver is van een van die beste vakansiebestemmings in ons pragtige land!"