Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36757 reviews.
"Ek sal meer winkels wat alledaagse goed verkoop verkies. Vervoer was 'n problem daar was geen Uber of ander taxi-fasiliteite nie."
"Murraysburg is not a town to come to if you want to have a vacation. A good one night stopover for weary travellers. "
"Nie juis tyd in Bredasdorp self spandeer nie, so ek kan nie te veel daarop uitbrei nie, maar hy is wonderlik geleë ten opsigte van lieflike kusdorpies."
"Beautiful little town. Would love to have had more time to explore. Next time."
"Oudtshoorn is 'n pragtige dorp met baie om te doen rondom die dorp. Dit is ook sentraal geleë en 'n uur se ry vanaf George en Mosselbaai."
"Ek raak nooit moeg vir George en die omgewing nie, soveel om te doen en sien!"
"George is 'n baie rustige plek, net 'n entjie van die strand af maar ook nie te erg nie."
"Kom al 'n paar jaar hierheen. Pragtige dorp met lekker restaurante en straat kafees. Oulike winkels."
"My eerste keer daar! Fantastiese, mooi plek. Vol oulike restaurante en straat kafees, kunsplekke, buitemark en oulike winkeltjies! Pragtige strande. My nuwe vakansieplek!"
"Kaapstad is 'n baie mooi plek. Die see area is wonderlik. Lieflike mense."
"Die Kaap se algemene dienste, pad en onderhoud is net uit die boonste rakke! Waar wet en orde gehandhaaf word en mense trots is om na die omgewing en ander om te sien. Dankie aan die owerhede en mense wat 'n beter toekoms vir Suid-Afrika na streef."