Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 59829 reviews.
"It is a beautiful place. We visit every time we come to RSA for this reason and we can tour around the Winelands. The accommodation must be correct when we book and the people must care."
"Ons was 'n familie en klomp vriende wat mekaar lanklaas gesien so dit was belangrik vir ons om 'n lekker plek te kry waar ons kon saamkuier maar ook rustig kon verkeer (veral omdat daar ook jong kinders was). Greyton self is eenvoudig. Lieflike restaurante (letterlik oorkant die pad van verblyf is Vanilla Cafe) lekker pizza en TV met sport. Ons het ook (weer) 'n draai gaan maak by 1854 (love die kuierplek). En als is in loopafstand. Vinnige draai by die Saturday Morning Market ook gemaak. Dis 'n oulike wegbreek van die stad, naby genoeg (uur en half se ry). En dan is daar ook natuurlik baie bergfietsroetes en trail runs in Greyton vir die manne wat meer exercise soek. Ons het nooit eers daarby uitgekom nie. Tog is dit nogsteeds 'n besige klein dorpie, so jy voel nooit verlate of afgesonder nie en die OK (mini) Mart is seker een van die beste winkels. Jy kan letterlik als daar koop en dis van goeie gehalte. So ek sal Greyton met liefde aanbeveel vir almal wat wil wegkom van die stad af. Moet net nie 'n mall of take away (KFC, Steers ens) soek nie. Daar is meer as genoeg restaurante met ordentlike kos om die uit te sort."
"Beïndruk met die atmosfeer van samewerking en ondersteuning tussen die verskillende plaaslike mense om toerisme te bevorder. Absoluut almal oral was besonder vriendelik en hulpvaardig en die kos by al die restaurante was heerlik en die diens puik."
"Ag die Kaap is so mooi en dit was heerlik om uit die koue Vrystaat so bietjie terug te stap in somer vir 'n dag."
"Baie in die omgewing om te sien. Ons was deur na De Hoop en het baie wild gesien, bo en behalwe die Elande, Zebras en Springbokke wat ons by Old Sam's gesien het."
"Dis 'n baie lekker vakansiebestemming, veral as mens kinders het omdat daar baie aktiwiteite is om te doen soos bv. by die ATKV-oord. Die strande is baie mooi en skoon en alles is naby genoeg om te verken. Daar's lekker restaurante en mooi en interessante plekke om te verken."
"Not sure what all Beaufort West has to offer, but their accommodation options are awesome. If you have time, the Karoo National Park is a must. There are trails for all vehicles!"
"Baie lekker omgewing met ongelooflike verskeidenheid aktiwiteite vir ouers en kinders. Weer was baie lekker. Alle basiese en nog meer dienste is beskikbaar. Lekker bestemming vir hele gesin."
"Ons was in Kalkbaai spesifiek. Hierdie deel van die Kaapse kus (Valsbaai-area) is besonders mooi en is, persoonlik, verkieslik bo die Atlantiese, westelike kus by Clifton en Kampsbaai, oor daar baie meer ongerepte natuur, ongelooflike eksentriese winkels en eetplekke en 'n luilekker atmosfeer is. Hoogs aan te bevole."
"Arniston is 'n baie mooi plek. Ideale vakansiebestemming met sy rustige atmosfeer, vriendelike mense en die mooiste natuurskoon."
"Ongelooflike, pragtige dorpie. Skoon dorp met 'n munisipaliteit wat werk. Almal die uitstekende diens om hierdie die ideale bestemming te maak vir ontspanning en kuier. Als is naby mekaar. Skoon en netjiese strande ook wat daagliks skoongemaak word."