Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35758 reviews.
"Yzerfontein is a gem hidden away and preserved. It's really beautiful and peaceful."
"Heerlik vir visvang en ’n stil, rustige vakansie. Paar reisbestemmings in die omgewing om te besoek, bv. Agulhas en Arniston. Min geleentheid vir aankope ens, maar nie 'n probleem nie - kon alles kry wat ons benodig."
"Dit was opmerklik hoe relatief skoon en netjies Kaapstad is met byvoorbeeld straatligte wat werk en min slaggate in die paaie in teenstelling met die swak toestand wat Gauteng homself in bevind!"
"Knysna is the jewel of the Garden Route from great food to adventure activities. It's really a travel destination of choice."
"Mooi plekkie. Vir seker vir iemand wat wil wegbreek van stadsgewoel en stilte sal waardeur."
"Hermanus has balance, peaceful, close to the beach and then a fantastic night life with jolly people and good restaurants."
"Daar is so baie om te sien en te doen. Die mooiste wynplase wat jy aan kan dink met al die vriendelike mense oral."
"Die dorp het baie verval in die laaste paar jaar vandat ons laas daar was."
"Ek sal 'n jaar in die Kaap woon en elke Saterdag na 'n ander strand toe gaan en elke Sondag na 'n ander besienswaardigheid, dan sal ek nog nie klaar wees nie. Kaapstad is beslis Suid-Afrika se heel mooiste stad, met veel meer as genoeg om te sien en te doen vir 'n lang vakansie."
"George was nog altyd 'n gewilde toeristebestemming en ek glo nie dit sal spoedig verander nie, nadat ek self daar gewoon het vir 15 jaar."
"Ek is elke keer verras met wat Worcester alles aan toeriste bied - ek wens ek het meer tyd om dit behoorlik te ontgin."