Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36757 resensies.
"Ons verblyf was op Keurboomsstarnd en dit is 'n ongelooflike mooi strand met die mooiste rotsformasies en lang wit strande om op te stap. Rustige atmosfeer. Hier hou 'n mens vakansie!"
"Ons is baie lief vir die natuur en dis 'n fantastiese bestemming vir stap, kayak en voëlkyk. "
"Stilbaai is maar nog altyd 'n baie lekker vakansieplek. Die see en lagoon bied genoeg opsies vir see toe gaan al waai die wind."
"Ons het klomp aktiwiteite gedoen. Oudtshoorn het so baie om vir mense te bied. Ons hoop net dat hulle weer die KKNK sal heropen die jaar. "
"Ons is mal oor Onrus en Hermanus as vakansiebestemming. Ons bly in die noordelike voorstede van die Kaap en dit is ongelooflik om te dink dat ons slegs 90min ver is van een van die beste vakansiebestemmings in ons pragtige land!"
"Baie oulike dorpie. Was daar vir die eerste keer en sal seker weer eendag daar stop as ons op pad is Kaap toe."
"Vakansietye is die dorp op maksimum kapasiteit, maar buite seisoen is dit fantasties."
"Baie mooi skoon dorpie met 'n pragtige mooi swemstrand as jy bereid is om die atlantiese oseaan se koue te trotseer."
"What a fabulous little town with so much on offer. Will definitely be back for a longer stay. Gem of the Little Karoo!"