Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"As jy in Tulbagh is moet jy definitief 'n draai maak by Kole en Deeg in die dorp. Beste pizza en roosterkoeke ooit. "
"Has a very nice restaurant called De Poskantoor. It's a small town only accessible by gravel roads (nice ones)."
"Die ingang na Klipgat Caves is toe, die hout trappe is gebreek dus kan jy nie veilig daar uit kom nie. Die Bistro Restaurant in Gansbaai is glad nie skoon nie, baie verouderd en die tuin buite is vuil en gras is lank. Die dorp is vuil en die geboue oud."
"Mense van St Helenabaai is baie hulpsaam en vriendelik. Dorp self ook mooi skoon. Baie plekke om te besoek in en rondom."
"Muisbosskerm is 'n moet, ons het nie veel van dorp gesien nie omdat ons vroegoggend uitgery het na ander plekke en net voor donker teruggekom het."
"Baie mooi plek aan die Weskus. Wind was net ysig koud gewees - ons stappies op die strand bietjie bederf (maar niemand het beheer oor die weer nie!). Baie lekker geëet by die restaurant. Sterk aanbeveel! Vriendelike personeel."
"Mense van Hermanus kan beslis trots wees op hul dorp en hoe dit bestuur word. Ons was baie aangenaam verras oor hoe skoon, netjies en veilig dit is. Oral op die rotspaadjies was sekuriteitsmanne te sien en vrouens kon alleen stap/hardloop sonder probleme. Die natuurskoon is wonderlik en die restaurante en ander dienste oral in Hermanus was 'n plesier om te beleef. Dankie Hermanus en sy mense - ek wens ek kon daar woon!"