Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Die weer was heerlik en het so lekker gestap! Kinders het heerlik in die water en sand baljaar!"
"Daar was nog nie blomme teen die kus nie, maar wel binnelands. Ongelukkig was die tweede dag bewolk."
"Alles werk altyd in Kaapstad teenoor die res van die land! Baie om te doen en sien."
"Wellington is 'n fantastiese wynroete-dorp wat naby geleë is aan wynplase en ander avontuurbestemmings."
"Rustige omgewing, oulike toeriste-aantreklikhede wat nie die bank breek nie. Ongelooflike mooi omgewing en landerye!"
"Ek is baie jammer dat dit gereën het toe ons daar was en kon ons dus nie veel van St. Helenabaai sien nie. Sou graag weer eendag soontoe wil gaan."
"Doen moeite en verken die omgewing. Ry by al die klein strandjies af. Die natuur is ongelooflik. Die "scenic" busrit vanaf die punt is ook die moeite werd."
"Jy sal moet terugkeer. Daar is altyd nog dinge om te doen en na uit te sien."
"Te veel trokke wat deur die dorp ry, maar hoe verander mens dit sonder goeie spoordienste."
"Ons het nie regtig in Velddrif self tyd spandeer nie. Indien ek weer die geleentheid kry, sal ek die dorp bietjie ingaan."
"Bonnievale is a quiet, well maintained, safe destination with many good wine farms in the area."
"'n Wegbreek buite 'n klein dorpie omring met die mooiste natuur skoon, hoe sê hulle in engels: "Less is More"."
"The Red Ox restaurant is 'n uitstekende plek om oggend tot aand by te gaan eet met oorspronklike kunswerke van die befaamde Walter Meyer. Boonop is Vanrhynsdorp baie naby al die belangrike Namakwaland blomme-areas. Die dorp is skoon en netjies."