Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35758 reviews.
"Swellendam bederf besoekers met 'n wye keuse van verblyf, tuisnywerhede, markte, restaurante, koffiewinkels en eetplekke. Aanbeveel vir paartjies en gesinne vir 'n vinnige wegbreek van hul besige skedules."
"Lovely small town. Not noisy at all. Friendly restaurants and staff."
"Pragtige klein Karoodorpie met soveel karakter. Pragtige ou huisies, heerlike wyn, veilige gevoel waar jy ook al loop. Vriendelike mense, sal beslis weer daar gaan kuier."
"Goeie ligging vir besoekers uit Kaapstad en ook die binneland. Heelwat toeristewinkels en 'n groot Spar wat dit onnodig maak om te veel goed van die huis af saam te bring."
"Een van die mooiste dorpies in die Overberg met oorgenoeg restaurante en aktiwiteite."
"Wat 'n juweel! Soveel geskiedenis en nostalgie in een dorpie! Uitstekende restaurante, vriendelike diens en pragtige natuurskoon."
"Weskus bly 'n wonderlike plek en ons verken nuwe plekke graag! Die Lutzville Kelder is 'n wenner, asook die kos by die Lutzville Hotel. Mense het kommentaar gelewer dat die pryse hier hoog is, maar die porsies is baie groot (Cordon bleu oorgenoeg vir my honger man, vir my, plus padkos die volgende dag!)."
"Lekker plek om af te skakel en te gaan stap by die hoofstrand of die lagoon. Takeaway-vis en -chips en die ondersteuning van plaaslike restaurante is 'n wenresep vir lekker kuier."
"Kaapstad is nie 'n lekker plek nie, maar Valsbaai en veral die Strand, die ideale plek vir vakansie!"
"Wonderlike dorp vir 'n wegbreek, interessant, pragtige natuur en vriendelike inwoners."
"It is a quaint little town with lots of friendly people. We hoping to move there in 2 years time."
"Ons is mal oor Prince Albert. Een van die beste, mooiste, skoonste dorpies om te besoek in Suid-Afrika."
"Sentraal geleë vir besoeke aan ander dorpe se toerisme-aantreklikhede. Het self 'n paar jaar terug in Mosselbaai gebly en het sommer weer tuis gevoel."
"Beautiful beaches and easy access to shopping centres and restaurants. A perfect holiday destination."
"Die koffie by die winkeltjie naby die vloedmuseum was nogals 'n wenner."