Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35758 resensies.
"Die mark by Sedgefield, die Redberry Farm en George se kersmark was goeie ervarings en word aanbeveel."
"Ek moet die plek geluk wens met die hantering van hulle vullis en afval verwydering. Die dorp is skoon en sodoende het hulle die bobbejaanprobleem opgelos. Daar was geen van die diere in sig nie."
"Vir die gemiddelde besoeker voel ons dat die restaurante en wegneemetes duur is. As jy Lambertsbaai besoek, wees voorbereid op die reuk wat van die voëleiland se kant af kom as die wind verkeerd waai."
"Some nice small wine farms in the surrounds, but relaxation should be what you are coming for. Definitely not city hustle and bustle. Very interesting and historical towns to visit."
"Ons het Mosselbaai baie geniet. Die stad is skoon en ons het veilig gevoel waar ons die museum en vuurtoring besoek het. Ons sal beslis weer na Mosselbaai wil reis en 'n bietjie langer daar wil oorbly."
"Ons het die Karoo gasvryheid baie geniet. Oulike restaurant met lekker melkskommels en baie windpompe om af te neem!"
"Ons het net oornag, so ons het nie veel tyd gehad om die dorp te verken nie, maar kan wel 4sheep restaurant en winkeltjie aanbeveel vir 'n inloer."
"Dit is een van my gunstelling plekke in ons land. Die dorpie is rustig en vriendelike diens van almal. Daar is 'n paar wonderlike restaurante en die pryse is baie billik, ek sal Pasli weer besoek. Stop ook by die Sulina Faerie Sanctuary in Swellendam, dit is werklik uniek en iets vir elke klein dogtertjie om te sien."
Prince Alfred Hamlet, Wes-Kaap
De Liefde Cottage"Not alot in the town itself, but surrounding areas has plenty ie. Tulbagh and Ceres."
"Na ek in Gouritz was is ek seker dat ek eerder daar wil gaan bly. Die dorpie en sy mense is net van die beste."
"Lamberstbaai se mense is leflike en vriendelike mense. Bediening in die restaurante was almal tops. Die kos en verskeidenheid is puik. Self die mense by winkels is almal vriendelik en behulpsaam. Al wat aanvanglik gepla het was hier en daar mense wat bedel is die strate. Maar dit is maar ooral so en as hulle sien jy is streng, respekteer hulle dit. Ek dink Lambertsbaai is ideaal vir toeriste. Daar is alles wat mens nodig het."
"Die dorp word baie mooi skoon gehou, en sy ligging ten opsigte van die Cederberge is uitstekend. Sal beslis weer gaan kuier, maar in die winter of lente."
"Baie welkom gevoel, Covid-19 het net teleurstelling gebring met plekke wat gesluit was soos die Rust en Vrede-waterval. Sou dit graag wou sien."
"Mooi netjiese dorp. Gaan vroeg strand toe, want die wind waai die meestal in die namiddag."
"Ek is lid van die ATKV en het gereeld op Hartenbos vakansie gehou. Hulle raak nou te duur."
"Nie baie om te doen nie. Moes elke dag Paternoster toe ry, om dit die moeite werd te maak."
"Cape Town is just magnificent: the scenery and beauty wherever you go the beaches and mountains. It’s a city that has it all. Top class shops and restaurants. A wonderful energy"
"Ek was baie aangenaam verras deur Gansbaai. Ek was bekommerd dat dit nie juis 'n strand het nie, maar Franskraal is 'n vinnige rit en daar is ook 'n heerlike strand by Walkerbay Natuurreservaat. Verder is daar 'n lieflike trail al langs die see af om te hardloop of stap en ook baie paaie om fiets te ry."