Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35608 reviews.
"Na ek in Gouritz was is ek seker dat ek eerder daar wil gaan bly. Die dorpie en sy mense is net van die beste."
"Lamberstbaai se mense is leflike en vriendelike mense. Bediening in die restaurante was almal tops. Die kos en verskeidenheid is puik. Self die mense by winkels is almal vriendelik en behulpsaam. Al wat aanvanglik gepla het was hier en daar mense wat bedel is die strate. Maar dit is maar ooral so en as hulle sien jy is streng, respekteer hulle dit. Ek dink Lambertsbaai is ideaal vir toeriste. Daar is alles wat mens nodig het."
"Die dorp word baie mooi skoon gehou, en sy ligging ten opsigte van die Cederberge is uitstekend. Sal beslis weer gaan kuier, maar in die winter of lente."
"Baie welkom gevoel, Covid-19 het net teleurstelling gebring met plekke wat gesluit was soos die Rust en Vrede-waterval. Sou dit graag wou sien."
"Mooi netjiese dorp. Gaan vroeg strand toe, want die wind waai die meestal in die namiddag."
"Ek is lid van die ATKV en het gereeld op Hartenbos vakansie gehou. Hulle raak nou te duur."
"Nie baie om te doen nie. Moes elke dag Paternoster toe ry, om dit die moeite werd te maak."
"Cape Town is just magnificent: the scenery and beauty wherever you go the beaches and mountains. It’s a city that has it all. Top class shops and restaurants. A wonderful energy"
"Ek was baie aangenaam verras deur Gansbaai. Ek was bekommerd dat dit nie juis 'n strand het nie, maar Franskraal is 'n vinnige rit en daar is ook 'n heerlike strand by Walkerbay Natuurreservaat. Verder is daar 'n lieflike trail al langs die see af om te hardloop of stap en ook baie paaie om fiets te ry."
"Baie rustige kusdorpie. Enige vakansieganger se wegglip uit die stad asook gewoel van die werksomgewing."
"Dit was 'n heerlike oornagplek. Skoon en netjies met vriendelike mense. Sal beslis weer gaan."
"Kleinmond is 'n baie stil klein dorpie en met die strande wat tydens die inperking gesluit was, was daar nie veel om te doen nie. Bettysbaai en Hermanus is egter baie naby en bied meer in die lyn van restaurante en plekke om te besoek."
"Ek is 'n voëlkyker. Dalk kan George 'n brosjure ontwikkel wat al die voëlkykplekke in die omgewing aandui. Dalk ook 'n soortgelyke kaart met al die eetplekke en restaurante."
"We only had a short stay but loved the harbor, Bird Island and Melkboskerm. We will be back!"