Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Hierdie was sekerlik die jaar om blomme te kyk. Ons het Weskuspart en die Biedouwvallei besoek en die Sederberge. Geslaap in Makarios B&B, Paternoster Place en in Mount Ceder. Alles prentjiemooi! Vriendelike, hulpvaardige personeel. Clanwilliam se info-sentrum ook puik. Vanuit die Sederberge deur die Overberg gery. Die landerye vol canola en koring is 'n fees vir die oog. My hart sing, die Wes-Kaap het pers berge en is in goud gebaai."
"Verruklik mooi, asemrowend, beeldskone omgewing en Saronsberg is die mooiste wynplaas."
"Apart from the flowers in season, the mountain passes are spectacular and the scenery is amazing."
"Ons was daar vir die Namakwaland se blommetyd. Ons het weliswaar 'n paar reën en koue dae beleef, maar andersins was die blomme pragtig."
Great Brak River, Western Cape
Dwarswegstrandoord"Groot-Brakrivier is sentraal geleë tussen Mosselbaai, Oudtshoorn en George. Perfekte langs die seevakansie tuiste met lekker stappies op die strand indien jy nie wil uitry nie."
"Die koringlande is grasgroen gedurende September en die Canolalande is geel in die blom."
"Dit is wonderlik om die kultuur van die Weskusmense te ervaar. Die taalgebruik is baie mooi om na te luister."
"Die blomme by Postberg was pragtig! Jacobsbaai was prentjiemooi. Mense baie vriendelik. Weskus Se Plek en Geelbek restaurant was vreeslik lekker."
Great Brak River, Western Cape
Dwarswegstrandoord"Ons het De Dekke-restaurant besoek en dit was 'n baie lekker kuier."
"Baie naby en uitstekend vir vakansie of net 'n naweek wegbreek, veral as jy kinders het."
"Baie om te sien en te doen in en om George. Al die passe is die moeite werd om te ry."
"Elgin Valley has truly captured my heart. Special memories were made this weekend."
"Baie pragtige plek vir die hele gesin om te geniet. Baie om te sien en alles is naby geleë. "