Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Pragtige dorp. Rustig en skoon. Net jammer van die talle kinders wat bedel."
Southern Suburbs, Western Cape
Hedge House"Ek het daardie area gekies vanweë 'n nabygeleë konferensie. Maar ideaal geleë - naby aan Kaapstad."
"Baie mooi plekkie om te besoek. Jy voel werklik veilig hier. Dis ideaal as jy wil wegbreek van die stad se woelinge sowel as al die tegnologie waarmee ons heeldag gebombardeer word. As jy jouself kan vermaak, is dit die plek vir jou."
Breede River Valley, Western Cape
Flatlets @ Kaleo Guest Farm"Die platteland bly maar 'n lekker plek!"
"Daar is darem so baie om te doen! Ons het die Kango Grotte besoek en Cango Ostrich Farm. Die volstruisplaas was absoluut fantasties! Die kinders het dit verskriklik baie geniet!"
"Die Strand het 'n lieflike strand om te geniet en baie om te doen in die omgewing. Genoeg winkels om van die kies en te keur en lekker eetplekke."
Breede River Valley, Western Cape
Jan Harmsgat Country House"Kom al baie jare in die omgewing so ons hou daarvan."
"Soek 'n mens avontuur is 'n besoek aan die grot aangewese terwyl 'n staptog deur die bekende Kassiesbaai met sy historiese vissershuisies wonderlike fotografie geleënthede bied sonder dat jy 'n vliegkaartjie na Griekeland hoef te koop. Gaan eet vis en chips by Milenes in Kassiesbaai en koop sommer van die lekker droë rooikrantz hout vir die aand se braai. As die vis nie byt nie en die Suidoos waai, kan wynliefhebbers Arniston gebruik as vertrekpunt om die Jean Daneel kelder buite Napier te besoek om uitstaande witwyne te proe en te koop. Die gees van Bachus sal die dorstiges verder lei na Strandveld, The Berrio en Black Oyster Catcher kelders by Elim wat normaalweg te vêr van die gebaande weë is. Gaan besoek die L'Agulhas ligtoring en leer iets van die strandveld se geskiedenis en koop op pad terug by Struisbaai 'n vars vissie om op die kole te sit. Wie benodig dan 'n Mall?"