Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35606 reviews.
"Wat 'n asemrowende mooi dorp! Ons was absoluut weggevoer na 'n ander era met ons besoek aan die Drostdy-museum, die Tronk, Ambagswerf en die Mayville huis. Vir 'n skamele R25 het besoekers/toeriste toegang tot al hierdie besienswaardighede. Aandete by Woodpeckers was uit die boeke (soos deur ons gasvrou, Elize voorgestel). Absoluut die besoek werd. Swellendam, ons kom weer!"
"Net oorgebly en nie as toeris daar gebly nie. Was voorheen langer daar en dit was baie interessant."
"Lieflik, gerieflik en hoogs aanbeveel as jy uit die gewoel van Hermanus self wil uitkom. Alle denkbare geriewe op jou voorstoep en 'n klipgooi van die hoof besienswaardighede van Hermanus."
"Dis 'n bietjie ver van Kaapstad en sy aktiwiteite, maar 'n wonderlike bestemming op sy eie."
"Prins Albert is 'n pragtige oase van 'n dorp, met baie om te doen en te sien. Hier wil ek weer kuier!"
"Die Swartbergpas en Meiringspoortpas en waterval en ook Rust en Vrede-waterval is definitief 'n moet om te besigtig."
"Baie lekker rustig as mens 'n rustige wegbreek verlang. Al wat kort is 'n klein apteek met net die nodige medikasie. My man moes eendag vinnig Lambertsbaai toe ry om medikasie te kry vir een van die kinders. Ek het iets vir alle skete ingepak, maar sy het onverwags siek geword en haar koors en bors medikasie was toe net te min vir die tyd wat ons daar is."
"Een van die dorpe wat in my opinie nie agteruit gegaan het soos vele ander nie. Baie skoon en lyk of alles werk."
"Daar is so baie om te doen in die area en die mense is almal baie vriendelik."
"Prins Albert is 'n pragtige klein dorpie. Al die huisies staan so mooi netjies teen die asemrowende Swartberge as agtergrond. Hier is 'n paar oulike restaurante en a gin bar, The Green Prince, met die lekkerste drankies. Daar is heelwat staproetes in die omgewing en jy kan die Swartbergpas ry vir die mooiste natuurtonele."
"Die personeel in restaurante en winkels is baie ongeduldig en onvriendelik (nie met my nie, maar was interessant om dit waar te neem oral om ons). Die paaie is haglik. Die natuurskoon is onbeskryflik asemrowend en Knysna is beslis 'n besoek werd."