Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Ons het Prince Alfred Hamlet, Ceres, Wolsley en Tulbach verken, asook die omliggende wynplase. Montpellier was 'n sprokie, met sy pragtige kapel en onthaalareas. Waverley was 'n onverwagse fonds met wonderlike wyn en 'n uithaler restaurant, so ook Saronsberg, Koelfontein en andere. Ceres se Zipline Adventure was 'n hoogtepunt! 'n Pragtige omgewing om te verken en ook bietjie die geskiedenis op te knap!"
"Sal beslis weer by Eden on Bay gaan bly, miskien eerder 'n woonstel met beter uitsig as dit beskikbaar is."
"Houtbaai is 'n bekoorlike klein kusdorpie. Ek en my familie is baie lief vir Houtbaai. Ek is 'n groot diere liefhebber. Die volgende probleem het ek opgetel: Waar moet die kinders op die strand speel as al die diere daar loop en die strand bemors? Diere-eienaars is veronderstel om agter hul diere skoon te maak. Die riool spoel in die klein kanaal in die see oor die strand, dit het ook 'n onaangename reuk. Dit kan groot gesondheidsprobleme inhou. Om toerisme te bevorder sal na die probleme gekyk met word."
"A hidden treasure and the true magic was the peace and quiet no retail which makes for the abundance of peace and quiet which is exactly what one needs when escaping the city. Never change."
"Oor die algemeen sal ek die dorp weer besoek en net meer navorsing doen rakende bestemmings wat meer SA mense vriendelik is met hulle prysklas. Te veel word gedoen vir mense wat met dollars en euros kom kuier."
"The farmer's market could stay open a bit later. Especially during the oyster festival period, when there is a lot more people in the town."
"Dit is so naby aan Strandfontein geleë wat ook 'n baie mooi vakansiedorp is."
"Suitably situated with attractions of different sorts in close proximity."
"Dit is opvallend dat Uniondale as toeristedorp gewild is. Huise, erwe en strate vertoon netjies. Die bergfietstoer wat einde September hier begin (Karoo to Coast) is natuurlik 'n belangrike item op die kalender. Die enigste negatief is die aantal jong bedelaars wat ons lastig geval het. Gemeet aan die selfvertroue van die bedelaars kan ons net aanneem dat genoeg toeriste hulle beloon met 'n paar sente vir 'n brood. "