Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35606 reviews.
"Daar is nie veel om te doen nie, maar kan Fowlers Grill vir seker aanbeveel as eetplek en die Mountain Mill Mall het fliek en eetplekke en genoeg winkels as jy wil uitkom en iets nodig het."
"Die eenhede vir 2 persone is baie klein, voldoende vir 'n dag of twee se verblyf, maar kan dalk klaustrofobies raak oor 'n langer tydperk."
"Oulike vakansie dorpie, veral die hawe met sy snoekvangste was vir ons 'n eerste."
"Dit wil voorkom of die munisipaliteit die strate begin skoonmaak. Lyk beter as 'n jaar gelede."
"Kies net die regte dag om op te gaan, anders gaan jy niks sien van bo af nie. Mistigheid wat dit veroorsaak."
"Vir diegene wat stilte en rustigheid soek, is Tergniet in Meimaand die regte plek. 'n Pragtige, natuurskone dorpie wat perfek skoongehou word. Ons was gelukkig en het die mooiste, sonnige en warm herfsweer geniet. Kon lekker lank gaan stap op die pragtige strand."
"I come to Malmesbury for business. I have always found the people to be super friendly and helpful."
"There is a need for a shuttle, especially to people who has no means of transport at the time of visit. Or those not allowed to drive due to general condition. Or there are contact nrs for available means of transport."
"Perfect for individuals who are looking for a peaceful getaway from city life. Also, close to surrounding Langebaan, Paternoster. Weskus Mall conveniently a 5 min drive away. Hidden treasure."
"Die tyd van die jaar heerlik stil. Netjies en veilig, lekker groot sandstrand en golwe. Egter nie iets vir iemand wat heeltyd vermaak wil word nie. Daar is net een restaurant en kroeg en baie klein winkel, maar alle geriewe is in Grootbrak sowat 15 min se ry."