Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35606 reviews.
"Ladismith is 'n klein dorpie, was nogal teleurgesteld dat mens nie Ladismith Kaas mag besoek of daar koop nie. Maar daar is 'n Parmalat Factory Shop in Ladismith - dis beslis die moeite werd om daar te stop. "
"Enigste negatief is die elemente wat na donker in die area rondhang. Minder patrolering van Metro Police as in Bloubergstrand."
"Ons het Chris Barnard meuseum besoek. Baie interessant oor sy lewensgeskiedenis."
"Seker die mooiste strande, omgewing en natuur in Suid-Afrika met baie plekke wat toeganklik is vir ouer persone en persone wat met 'n rolstoel moet oor die weg kom"
Great Brak River, Western Cape
Four Seasons Guest House"Een woord: vakansie! Baie rustige omgewing met 'n pragtige uitsig van amper oral in die dorpie. "
"My tyd in Die Boord was net te kort om alles te kon sien, maar ek sal dit aanbeveel aan ander."
"'n Mens dwaal vinnig deur die paar besienswaardighede van die sentrale deel van die dorp. 'n Mens moet dan uitwyk na die wynplase en 'n keuse maak waar om oor 'n middagete te kuier. Ons verkies 'n rustige atmosfeer, dus sal ons altyd lekker in Riebeek Kasteel kuier. Die rustigheid en vriendelike inwoners is 'n trekpleister. Ons gastehuis, Anna Katarina, was 'n uitstekende keuse. Daar is genoeg verblyf om van te kies asook baie restaurante. Die vallei is asemrowend mooi. Waar word 'n mens nog wakker gemaak deur die gekraai van 'n haan? Ons het dit baie geniet. Ek sal dit aanbeveel."
"Heerlike atmosfeer op Saterdae, veral nou met die parkrun in die oggend. Lekker stalletjies om deur te loop."
"Die mense is baie vriendelik en behulpsaam en 'n fees om mee te gesels. Die museums is insiggewend en al die besighede was gretig om te help. Ons sal weer by Beaufort-Wes kom kuier, "
"Brackenfell as sulks bied nie veel vir die toeris nie, maar is sentraal geleë as afspringpunt vir ekskursies na Kaapstad, Stellenbosch, Paarl en die Weskus."
"Bellville as sulks is nie 'n toeristebestemming nie, maar dis soort van in die middel van die Skiereiland en as jy wyd wil kuier is dit die ideale plek om te bly."
"The location is not for the fun-seeking type, but very secure with lovely walks and ample space for safe biking expeditions. "
"Die plek self is baie mooi en rustig. Ons het geen probleme ondervind, mense was vriendelik en behulpsaam. Ek was wel 'n bietjie ongemaklik omdat smouse kort-kort my rustigheid onderbreek het, maar andersins was die plek self baie ontspannend. Daar was ook 'n huisinbraak by ons bure wat my omtrent afgeskrik het."
"Pragtige, stil, skoon dorp waar alles wat jy nodig het op Worcester te kry is. Naby aan 'n aantal goeie wynplase en interessante eetplekke."
Britannica Heights, Western Cape
Whale n Daisy"Rustig en net reg om weg te breek van die besige stadslewe af."
"The pub - The lighthouse. We went to the pub and was met with a nice, cosy and friendly atmosphere. The outside area was extremely nice and cosy with the huge fireplace. The waiter, Courage, was extremely friendly and made us feel welcome. I will recommend this pub to everybody whenever you are in this area. "
"Die dorpie is so mooi skoon en instandehouding kan 'n mens duidelik sien. Vriendelike mense oral om. Die natuurskoon is asemrowend al was dit droog. Ek sal vir seker weer daarheen gaan."
Mossel Bay Central, Western Cape
Bay Vista Guesthouse"Was net bekommerd oor ons motor in die straat geparkeer moes staan. Maar Johan het ons verseker dat hy enige ongewenste gaste sou laat spaander. Miskien kan julle dalk net voorsiening maak vir veiliger parkering om gaste meer gerus te laat voel. "