Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Oudtshoorn is n heerlike sentrale plek om oor te bly, naby Knysna, Wildernes, Victoriabaai, George en net buite die dorp is daar baie attraksies vir toeriste. Bv die Kango-rotte en Wilgewandel asook volstruisplase en die inwoners daar is baie omgewingsbewus."
"Mosselbaai is 'n absolute wonderlike vakansie plek om te besoek. Weer is gematig en strande is mooi skoon."
"Een van die beste bestemmings waar ek al vakansie gehou het. Daar is altyd iets te doen, iets te eet en iets te sien. Kan die bestemming werklik aanbeveel. "
"Arniston het my aangenaam verras. Sal verseker weer daar verby gaan. Die uitstappie na die grot was een van die hoogtepunte."
"Gaan besoek die Birds Paradise. Robertson en al die dorpies en wynplase bied so baie. Onmoontlik om verveeld te raak."
"Die voordeel van Port Owen is dit bied 'n volledige pakket, is naby klomp dorpe, Langebaan 40 km ver, St Helena 20 km, Vredenburg 20 km, Paternoster 35 km, Dwarskersbos 15 km, Jacobsbaai 28 km, Saldanha 30 km, so jy kan elke dag na 'n ander kusdorp ry en alles besigtig en al die eetplekke toets."
"Greyton is n pragtige dorpie om te verken. As jy nodig het om weg te kom uit die stad is dit die ideale plek om te besoek."
"Ongelooflik mooi en die hotel maak die lekkerste pizzas en het selfs vir my troeteldier bak met water gebring!"
"Knysna is 'n wonderlike vakansiebestemming, baie om te doen en te ervaar!"
"Die 'nuwe' Gin Bar is 'n moet, uitmuntende toevoeging tot die allegaartjie van goeie plekke reeds in die dorp."
"Die Weskus sal altyd vir my ‘n unieke ervaring gee wat ek nie op enige ander plek in Suid-Afrika sal kry nie. Oor daardie rede sal ek weer terugkom, oor en oor. "
"Absoluut pragtig en die walvisse gee gereeld 'n vertoning in die baai. Voëlkykers sal dit ook baie geniet."