Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Ons besoek Paternoster gereeld. Ek glo dit is antwoord genoeg om te sê dat ons Paternoster as 'n fantastiese vakansiebestemming beskou."
"Vriendelike dorp. Tydens Paasnaweek moet beskikbare restaurante seker maak voorraad is beskikbaar. "
"Baie sentraal, weg van die geroesemoes van vakansiegangers, maar binne bereik van alles."
"Ongelooflike dorpie. Lekker rustig gedurende die dag met baie natuur aktiwiteite en in die aand is dit lewendig met wonderlike restaurante en ongelooflike kos!"
"Wou vars vis eet, maar 2 gewildste vis eetplekke kon/wou nie help nie. Wat van "Jy kan solank ietsie bestel om te drink en wag vir die volgende tafel om oop te gaan" Dink hul kan hul kliëntediens opknap, maar sal nie almal oor dieselfde kam skeer nie, het heerlike pizza gekoop by 'n baie vriendelike man naby Spar, ten spyte van 'n besige dag was hy steeds vriendelik."
"Pragtige dorp. Die tannie daar bo in die dorp met die melkery het uitstekende kaas en goeie vleis."
"Myoli Beach is breathtaking with its wide sandy shoreline surrounded by hills. The sea was flat and calm when we visited and lifeguard's were on duty. Close by is the Swartvlei River Mouth. Pili Pili restaurant is situated behind the dunes where you can enjoy sun downers and pizza."
"Brandwacht self is 'n woonbuurt van Stellenbosch. Dit is 'n goeie toeristebestemming vir die omgewing."
"'n Moet om Gericke se punt toe te stap met lae gety. Dis pragtig met al die poele vol vissies en seelewe. Swem in Myoli se rivier met 'n tjoep as die gety inkom. Heerlik."
"Die skoonste dorp wat ek nog in my lewe gesien het en al die mense is so hulpvaardig en vriendelik."
"Ons het ons eie wyntoer deur die omgewing gehou, oral wyn geproe en aangekoop by die wynkelders, heerlike Chardonnay en Sauvignon Blanc ontdek, ons het oral vriendelike diens en gasvrye mense ervaar, Robertson het pragtige, groen tuine by hul toeriste-bestemmings, en oral is 'n heerlike ontspanne en gesellige atmosfeer!"
"Was mal oor die Saterdagoggend "vibe". Van Mooiuitsicht drankwinkel se vrolikheid tot Boplaas se flair."
"The roads are in a bad condtion, there is also road works on the R44. Other then that its not bad at all. "