Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Witsand is 'n asemrowende mooi plek! 'n Juweel langs die kus. Pili Pili restaurant kan beslis aanbeveel word, hulle diens is puik en die kos heerlik! Hierdie dorpie sien my beslis elke jaar vir vakansie."
"Hou al vir baie jare vakansie in Langebaan. Gaan daarheen om baie vars vis te eet. Beste tye laat Februarie en Maart."
"As jy rus vir die siel wil he dan is Jacobsbaai die regte bestemming. Jacobsbaai is n pragtige klein dorpie met grondpaaie. Dit is goed geleë, naby aan Paternoster en Langebaan."
"Ons het veral die Fransie Pienaar museum geniet. Maandae is ‘n bietjie stil en ‘n paar besighede was toe of sluit vroeg. Veilig om rond te loop in die strate."
"Pragtige dorpie. Vriendelike mense en heerlike kos. Klomp kunsgalerye en lekker rond krap winkels. Voel soos 'n klein Griekeland met al die wit huisies! Ons sal verseker weer soontoe gaan!"
"Net jammer van die eetplekke en winkels maak eers van Woensdae oop en eers 9 uur, dis al klagte."
"Pragtige, netjiese geskiedkundige dorpie, goeie wyne beskikbaar, rustige atmosfeer."
"Daar is soveel interessante, uiteenlopende plekke om te besoek. Ook maklik bereikbaar."
"Paternoster is 'n pragtige rustige dorpie met vriendelike mense en lekker vis ek sal beslis mense aanraai om hierdie dorpie te besoek vir 'n wegbreek uit die stad."
"Great destination to relax and do things at your own pace. Cango Wildlife Ranch, Cango Caves, Rust en Vrede Waterfall and Wilgeneul Farm all exceeded our expectations. Town is friendly and loads of restaurants to choose from."
"Beaufort-Wes is 'n baie mooi Karoodorp. Ek het groot geraak op Beaufort-Wes, so ek sal altyd lief wees vir die dorp."
"'n Pragtige dorpie met asemrowende sterbelaaide nagte. Net die pad tussen die dorp en die N1 kort nog werk om dit verbruikersvriendelik te maak."
"Dit is 'n jammerte dat die onwettige kreefhandel nie hokgeslaan kan word nie en ek stel voor dat meer gedoen moet word om die publiek bewus te maak van die probleem."