Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35325 reviews.
"Hang af wat jy wil besoek. Redelik ver as jy die populêre toeriste plekke wil verken. Lekker naby Blouberg, wat 'n beeldskone strand is."
"Oulike dorpie met Napier naby met restaurante. Arniston so 20 min se ry vanaf Bredasdorp. Dorp netjies, vriendelike inwoners, oulike winkels."
"Baie netjiese stil dorp. Het baie veilig gevoel. Selfs die polisiestasie se tuine word netjies gehou. Ek sal elke keer as ek na die Oos Kaap reis daar oorslaap. Indien jy buite seisoen na 19:00 eetplek soek vir uiteet is dit 'n probleem maar dit is verstaanbaar kan nie 'n restaurant oophou om slegs 'n paar etes te bedien nie."
"Baie goed geleë vir die doel om die Kaap te sien. Kaapstad is nie so vêr nie en Paarl bied die rustigheid in kontras met die stad. Dit is op die wynroete vir die wat wyn liefhebbers is. Dis ongelooflik mooi in Paarl en die berge (wat ons Transvalers nie ken nie) sien jy mooi omdat jy nie teen die berg is nie. Asemrowend mooi. "
"Die dorp se infrastruktuur het baie goed gegroei sedert my laaste besoek. Daar is uitstekende restaurante met besonderse atmosfeer."
"'n Lieflike dorpie met die oulikste eetplekkies, winkeltjies en die mooiste tuine met roseprag!"
"Lambertsbaai was nie vir ons so indrukwekkend gewees nie, daar was nie veel om te doen nie, voel maar soos 'n gewone vakansie-dorp."
"Dit is goed om te sien dat Paternoster besig is om uit te brei met meer restaurante en meer huise wat gebou word. Ek vind net dat alles in Paternoster het verskriklik duur geraak. "
"Ons het hoofsaaklik wynproeë in Paarl, Stellenbosch en Franschoek gedoen, maar Klapmuts is se natuurskoon is betowerend en die ligging was perfek vir ons doeleindes."