Verified Reviews
Wild Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 1145 reviews.
"Ek is mal oor Port Alfred. Alles naby aan alles. Vriendelike mense en pragtige strande. Daardie deel van die wêreld is nogal winderig en ons het reën saam ons gevat - blykbaar is Januarie tot Maart beste tyd om te gaan. Ek sal beslis meer van die Oos-Kaap wil sien. Dit was my eerste besoek."
"Koffiebaai self het in my opinie baie agteruitgegaan en het min om te bied, behalwe die hotel. Dit kan 'n gevolg wees van Covid-19. Maar Hole in The Wall bly 'n asemrowende gesig wat jy nêrens anders kry nie."
"Die stad self is nie meer dieselfde nie, maar buite die stad is daar goeie vakansieplekke."
"Port Alfred is a refreshing and really good getaway from the city life. People are friendly and respect privacy. Also safe and very beautiful beaches."
"Die omgewing is absoluut asemrowend. Wees net bedag daarop dat alle besighede nie elke dag oop is nie; die slagter byvoorbeeld is nie Maandae en Dinsdae oop nie, maar ons het die lekkerste hamburgerpatties daar gekry."
"Die weer het ons bietjie gefnuik beide kere wat ons in Port Alfred was. Ons kon nie al die buitelugaktiwiteite doen wat ons beplan het nie, maar ons sal teruggaan om dit te doen! Dit is 'n pragtige dorpie met baie doendinge om jou en jou gesin besig te hou."
"Nie veel om te doen as jy van visvang en rondstap hou nie.. Port st Johns is vuil."
"A great destination for deep sea fishing and fishing along the beach. According to the locals, personal safety is a concern and we were advised to be vigilant and aware of your environment."
"Gonubie is 'n heerlike plek om vir 'n paar dae te ontspan. Dis ons vierde besoek aan Gonubie - dit spreek dus vanself dat ons dit weer sal besoek!"
"Hole in the Wall is puik en so mooi. Die plaaslike inwoners is lastig en smeer heeltyd hul diens en kreef aan jou af. Sukkel om hulle te ontduik en is hulle redelik opdringerig."