Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1902 resensies.
"Baie lekker plek, net die paaie is op baie plekke onbegaanbaar, maar verder puik plek met goeie restaurante."
"Marlothpark is bekend aan my en is baie na aan my hart. Enige persoon wat van die bos en natuur hou, kan gerus Marlothpark besoek. Dis ook gerieflik naby aan die Kruger Nasionale Park."
"Ons hou so baie daarvan ons beplan om moontlik te kyk na eiendom, dis baie uniek en regtig die regte plek om te kan afskakel en die natuur te geniet."
"A wonderful place, but the magnificent bush sounds tend to disappear behind the sound of the building and workers going around all over the park."
"Sal weer en weer terugkeer, dis wonderlik in die bosveld, interaksie met die diere, en het die rustigheid waardeer."
"Uitstekend! Sal graag langer wou bly - lekker restaurantjies en winkeltjies vir basiese behoeftes."
"Dit was lekker om vir die diere-kuiergaste kos te gee. Vlakvarke, tarentale, apies, sebras, baie bokke en die oulikste was die nagapies wat in die aande kom piesangs haal."
"Dit is een van die beste plekke om te wees, omdat jy die Krugerpark voor jou deur het en 'n mens kan die diere geniet, sonder om in 'n kar te sit."
"Location is great! Animals and living in the bush experience is great and will highly recommend. The shops were convenient and clean. Will come back in a heart beat! The only negative experience were the state of the roads in some places which were really in rough shape! Not expecting paved roads but the ruts, rocks and washed out areas in some places were very hard to navigate especially at night. Also resulted in minor damage to vehicle. There are also street sign names missing that made getting home very difficult at night the first few nights."
"A fantastic place to visit. There are so many different animals in the park itself, it has beautiful views looking right into the Kruger. It has a vast amount of different amenities and is just great to visit if you want a lovely bushveld experience."
"Marlothpark is 'n heerlike bestemming, maar die geweldige uitbreiding laat my wonder hoeveel van die natuur gaan oorbly. Die uitbreiding is verskriklik en om elke hoek en draai is 'n nuwe huis besig om te verrys."
"Was baie lekker gewees. Nie gedink dit is so nie. Maar mense wat plekke het, moet alternative roetes begin leer ken vir as daar strike is."
"Daar moet meer leeus in die park losgelaat word. Uitstekende sekuriteitswagte. Strate kan dalk doen met bietjie aandag."
"There are two tar roads in Marloth Park. Olifants and Marula and Bos Geluk was on Marula rd. It was very busy. We were expecting a bit of peace and quiet coming from the city, but that was not experienced as Marula road is a very busy road. In fact Marloth Park is a very busy place."