Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 1932 reviews.
"Paaie asb.! Kan gerus geskraap word en gate gevul word. Almal kan ongelukkig nie met 'n 4x4 ry nie. Party naamborde kan duideliker gemaak word."
"Baie lekker plek, net die paaie is op baie plekke onbegaanbaar, maar verder puik plek met goeie restaurante."
"Marlothpark is bekend aan my en is baie na aan my hart. Enige persoon wat van die bos en natuur hou, kan gerus Marlothpark besoek. Dis ook gerieflik naby aan die Kruger Nasionale Park."
"Ons hou so baie daarvan ons beplan om moontlik te kyk na eiendom, dis baie uniek en regtig die regte plek om te kan afskakel en die natuur te geniet."
"A wonderful place, but the magnificent bush sounds tend to disappear behind the sound of the building and workers going around all over the park."
"Sal weer en weer terugkeer, dis wonderlik in die bosveld, interaksie met die diere, en het die rustigheid waardeer."
"Uitstekend! Sal graag langer wou bly - lekker restaurantjies en winkeltjies vir basiese behoeftes."
"Dit was lekker om vir die diere-kuiergaste kos te gee. Vlakvarke, tarentale, apies, sebras, baie bokke en die oulikste was die nagapies wat in die aande kom piesangs haal."
"Dit is een van die beste plekke om te wees, omdat jy die Krugerpark voor jou deur het en 'n mens kan die diere geniet, sonder om in 'n kar te sit."
"Wonderlike bestemming wat ons enige tyd sal besoek! Die enigste klagte is the toestand van die paaie! Mens is in die bos en verwag nie teerpad nie maar party areas was amper nie moontlik om deur te ry met 'n gewone motor nie. Baie groot klippe, spoelings, diep slote en straatnaambordjies wat nie meer op is nie. Ons het paar keer verdwaal die eerste paar nagte op baie slegte paaie. Laastens is vuilgoed verwydering wat nie een keer in 8 dae gebeur het nie. Dit is aanvaanbaar as huurders bewus gemaak word daarvan wanneer hulle inteken sodat hulle kan beplan om vuilgoed te gaan aflaai by die hek wat nie noodwendig vir ons 'n probleem sou wees nie. Die ape het die sakke verskeur! Dit is klein probleempies in vergelyking met die lekker tyd wat ons beleef het. Die winkels, sekuriteit en petrolstasie was lekker om te besoek."
"Location is great! Animals and living in the bush experience is great and will highly recommend. The shops were convenient and clean. Will come back in a heart beat! The only negative experience were the state of the roads in some places which were really in rough shape! Not expecting paved roads but the ruts, rocks and washed out areas in some places were very hard to navigate especially at night. Also resulted in minor damage to vehicle. There are also street sign names missing that made getting home very difficult at night the first few nights."
"A fantastic place to visit. There are so many different animals in the park itself, it has beautiful views looking right into the Kruger. It has a vast amount of different amenities and is just great to visit if you want a lovely bushveld experience."