Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1930 resensies.
"Ons was maar senuweeagtig oor die veiligheid, weens die alarm wat ons op aanvraag van die gashere saans moes aktiveer. Ons is net bekommerd dat mens op een of ander stadium daar ook deel van die misdaadstatistiek gaan word."
"Komatipoort town is very close and the shops there are very well stocked for any long stays. Roads in Marloth still require a lot of repairs because of the heavy rain damage."
"Gaan kuier - 'n netjies ligging. Goed tussen diere en naby aan die Krokodilrivier rivier. Ontspan met gasvryheid en geskenkies van eienaars. Baie dankie Carol en Mike!"
"Roads in the North of Marloth have been severely damaged by recent heavy rains."
"I love Marloth, but I am concerned about the criminal element which is creeping in."
"Wil net baie dankie sê vir die kliniek wat bygekom het. Dit kan in noodgevalle handig te pas kom."
"Kan bietjie besig raak met tye - maar as jou verblyf reg is, sal jy dit skaars weet!"
"Reg in die bos. Ons hou nie van die voer van die wild nie. Dit kan erge gevolge hê. Ek dink die paaie moet as swak aangedui word. Selfs ons 4x4 Pajero het skade opgedoen. Dis nie jul kliënte se skuld nie, aangesien dit 'n munisipale gebied is! Ook elektriese drade is oopgespoel!"
"Easy access to Kruger, nice facilities and the animals that pop past are awesome. Love Marloth."
"They need to have more attractions that cater for everyone even financially."
"Die winkeleienaars is nie baie behulpsaam om inligting te gee oor mekaar nie. Ek het by verskeie winkels omgegaan om te vra waar Daisy's Den was. Een eienaar het nie "geweet" waar dit was nie (alhoewel sy reeds 20 jaar daar woon!) en die ander een het my heel in verkeerde rigting ingestuur net om uit te vind die winkel is 20 meter verder. Dankie vir Daisy's Den se mense wat so behulpsaam en vriendelik was. Ek waardeer dit."
"Ongelukkig is die grondpaaie in Marlothpark in 'n slegte toestand en het aandag nodig."
"Lekker geleë teen die Krokodilrivier en natuurlik net 'n klipgooi van die Kruger af."
"Besoek Marloth vir die laaste 28 jaar ongeveer 3 keer 'n jaar. Sal die 400 km met plesier ry vir die rustigheid."
"Marloth bly nou maar net ’n diamant van ’n bestemming. Dit verskaf rus vir die siel en soveel meer."
"Marloth park is minute van die Kruger Wildtuin se Krokodilbrug hek af, net met goedkoper en gemakliker verblyf en meer om te doen wanneer die kinders moeg raak vir wildsritte. Marloth is stil en vreedsaam en pure bos - jy mag heel moontlik kameelperde, zebras, blouwildebeeste, rooibokke, muishonde en koedoes raakloop as jy bietjie gaan stap, of sommer op jou stoep as daar 'n voertrof of water naby is. Gaan slaap met die gebrul van leeus in die agtergrond en word wakker met die geroep van die visarend."
"Don't buy braai wood at the gates to Marlothpark as it's usually wet! Buy from the winkel."