Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 1870 reviews.
"Mal oor Marloth, maar brei nou te veel uit met moderne huise wat nie meer by bosgevoel inpas nie."
"Vullisberging en -verwydering is 'n probleem en grondpaaie word nie instandgehou nie. Diere is amazing en ongelooflik mak."
"Baie goed geleë. Huisies is verspreid en letterlik in die bos wat goed is vir privaatheid, maar kan ook gevoel van afsondering en onveiligheid skep."
"In Marlothpark kry jy alles wat jy nodig het en die rustigheid van die bos is altyd 'n bonus!"
"Marlothpark is ongelooflik besonders. Dit verleen 'n unieke bosveldervaring, maar met moderne geriewe beskikbaar reg in die park."
"Marlothpark is heerlik en naby genoeg om maklik die wildtuin te besoek vir die dag. Ek kan wel noem dat die omgewing nie rolstoel vriendelik is nie - dis feitlik onmoontlik om met 'n rolstoel te gaan stap weens die sand en klipperige paaie. As jy 'n gestremde persoon in jou groep het, is dit beslis 'n uitdaging."
"What an experience with the animals in the park. Peaceful and calm. It was truly a blessing, we experienced nature like never before."
"Alles wat jy nodig het, maar teen 'n prys. Kruideniersware uiters duur in Marlothpark so koop buite."
"Puik omgewing en atmosfeer. Van die grondpaaie benodig aandag. Diens en ontvangs by hek was baie goed."
"Marloth is een van die beste plekke om te gaan vakansie hou. Marloth het gou in ons hart gekruip en sal altyd terug keer vir nog 'n belewenis. Alles is daar wat jy nodig het. Wonderlike plek vir almal, van oud tot jonk."
"Dit was beslis nie my eerste en laaste Marlothvakansie nie. Jul sal ons weer sien en dan beslis langer."
"Sekuriteit is maar altyd 'n bekommernis, maar ons het dit niks slegter ervaar as in die res van die land nie. "
"Marlothpark is 'n heerlike vakansie-destinasie as jy die regte akkommodasie het. Dis baie besig in vakansietye en oor langnaweke. Op sekere dele is Marlothpark baie raserig en hoë verkeer veral by die verskillende ingangshekke en inkopiesentrums. Verder, baie lekker."