Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1902 resensies.
"As jy nog nie Marlothpark besoek het nie, het jy nog nie gelewe nie. Beste bestemming in die wêreld."
"Ons gaan al baie jare Marlothpark toe, dit was baie lekker, dit was net baie besig, daar was ook baie busse op Olifants wat baie vinnig gery het en ek is bekommerd oor hoeveel wild raak gery word. Daar moet ook strenger boetes wees oor rommelstrooiing, aangesien daar baie rommel rondlê, Dit is regtig 'n lekker plek en wil dit graag so hou."
"Good alternative to Kruger Park, to enjoy fauna and forest without using your vehicle as your own cage! Ideal for walking, running, biking and even driving for those who insist!"
"Dit was ons eerste keer daar, maar sal dit enigetyd aanbeveel! Die mense ook baie vriendelik en behulpsaam. "
"Die sekuriteit, of die gebrek daaraan was 'n bekommernis. As jy dalk by een van die groter Lodges oorbly dink ek jy is nie so bewus daarvan nie maar het nie regtig veilig gevoel nie. En dit het niks met die wild te doen nie. Daar is net geen beheer oor wie die park binnekom of verlaat nie. Die feit dat elke woning 'n alarm het en dat diefwering baie duidelik oral nodig is, skep nie 'n baie veilige gevoel of indruk nie. En dit is baie jammer."
"As 'n besoek aan die Kruger Nasionale Park, Mosambiek se suide, asook Swaziland op jou reisplan is, moet Marloth sekerlik die bes geleë basis wees om dit vanaf te doen."
"Dit is defenitief 'n plek om te kan wegbreek van die stad sê lawaai en net rus en vrede te hê. "
"Dit kan nogal besig raak veral teen wildtuin heining (Seekoei straat), amper te besig."
"Die grondpaaie teen die rivier af kort definitief bietjie aandag. Iemand met 'n kleinerige voertuig gaan verseker sy voertuig seermaak as hy op die afdraai paadjies gaan ry."
"Marloth Park is fantastic. It has the peacefulness and tranquillity one needs and has the feeling of being in the park."
"Ek was verras dat die winkels so vroeg toemaak. Die vulstasie was gesluit toe ons 17:30 die Sondagmiddag daar opdaag."
"Ons sien dit as 'n ideale plek op pad na die Kruger Wildtuin. "
"Wanneer jy wil ontspan en rustigheid wil beleef dan is hierdie die plek om te wees."
"Ons het lekker gerus, hoef glad nie te gery het nie. Kon heerlik op die stoep sit en die diere geniet."
"Die personeel by die ingang hek het nie hulle werk gedoen met ons aankoms nie en eers 2 dae na die tyd agter gekom ons het nie 'n plakkertjie op die voertuig se ruit nie, moes toe eers inteken en hulle was baie ongeskik dink die personeel moet aangespreek word."
"Dit is 'n goeie selfry wildbesigtigings-aantreklikheid. Dit raak nou net te veel mense en huise is te opmekaar. As mens in die aand buite sit om na die natuur te luister dan hoor jy orals mense gesels. Vir mense soos ons wat ruimte, stilte en natuur gewoond is, raak Marloth Park te besig."
"Pragtige plek. Ons was baie beïndruk met hul slaghuis. Die vleis was van puik gehalte. Sal die Park aanbeveel."
"Die sekuriteit by die hek (krokodilrivier) was nie altyd op datum nie. Sommige dae moes jy inteken, ander dae nie."
"Vir ons familie was dit die lekkerste vakansie."