Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 1902 reviews.
"Ek gaan gereeld soontoe, maar was erg geskok oor die toestande van die grondpaaie wat eens baie goed was. Ek het met my gewone motor soos altyd daarheen gegaan, maar het my motor lelik beskadig oor die swak toestande van die grondpaaie na uitkykpunte toe en langs die rivier af. Dit was regtig 'n groot afsitpunt. Lionsspruit se eie wildtuin se paaie nog erger. Geen kar kan daar ry behalwe 4x4 voertuie nie. Ek is nie gesê die paaie lyk so sleg en hulle laat jou ingaan net om vinnig om te draai en uit te kom. Dit is baie swak van Marloth Park. "
"Marloth Park was great. The River front on the Kruger Park was amazing. No need to go to Kruger every day as it was much nicer walking along the river seeing the animals than driving in the car all day."
"We were not advised that the electricity was prepaid, so when it ran out at 6:00 on Wednesday morning, we thought it was a general power failure. We were only contacted hours later, whilst in the Kruger Park, that our meter "must just about be running low" and then sent the meter code. In the meantime, there had been no power for the 10 hours we were out."
"Alternatief vir Krugerwildtuin wat aangrensend is. Daar is dagritte na Krugerwildtuin."
"Dis 'n woondorp in die bos. Jy kan op 'n bank langs die rivier sit en uitkyk oor die wildtuin."
"Marlothpark is 'n heerlike oorblyplek vir ontspan en besoeke aan die Wildtuin. "
"Ons is baie lief vir Marloth Park. Heerlike boswegbreek met diere oral. Die grens teen die Kruger Wildtuin sorg altyd vir die een of ander raaksien van diere. Die beskikbare restaurante, supermark, slaghuis en sekuriteit maak dit 'n baie gerieflike, bekostigbare keuse."
"Bly om te sien sekuriteit by die hekke het verbeter, laat mens meer veilig voel."
"Sommige mense in winkels teëgekom wat daar werk ondanks hulle moet en nie omdat hulle wil nie."
"Pragtige plek en omgewing. Sal julle beslis weer wil besoek en, wie weet, dalk 'n aftreeplekkie koop."
"Paradys. Mense wie nie opregte liefde en respek vir diere, wild of mak, het nie, moet assseblief nie hierheen kom nie!"
"Altyd aangenaam om daar te kuier, personeel is baie vriendelik en behulpsaam. Van die paaie kan miskien so bietjie aandag kry, ek weet na erge reën verspoel hulle maar. 'n Skraper oor die pad sal dalk help."
"Sal voorstel die ingange word strenger beheer en werker voetgangers beperk word tussen deur huise. "
"Ons geniet Marloth elke keer. Beslis een van ons gunsteling bestemmings."
"We have used Marloth Park as a base to the Kruger a number of times over the years. Every time a "winner". "
"Die ideale plek om die natuur te geniet en te ontspan. Dit was 'n goeie wegbreek van die stad se geraas. Die algemene diens by Marloth Park se ingang was baie goed."
"Ek dink Marloth is die ideale wegbreekplek. Ons het grond daar en besluit nou om te gaan bou."